In die Keltiese Spiritualiteit bestaan daar vir die mense iets soos 'Thin Places' - plekke waar daar 'n fyn bymekaarkoms van twee wêrelde, of twee realms, is. Michael Mullin skryf bv. oor die Croagh Patrick ('n heilige berg in Ierland) "On this arid summit, where the winds blow hard, where no root takes hold, where distance seems infinite and heaven close, the spirit is tested and replenished ... for the pilgrim has reached a thin place, where one steps into the highest dimension of one's existence."
Dit klink dalk vir jou 'n bietjie airy-fairy maar op 'n manier beoefen ons almal hierdie beginsel dat daar plekke, ruimtes, tye is waar ons meer bewus word van God se teenwoordigheid. Party van ons sal selfs woorde gebruik soos 'Ek was nader aan God...in hierdie tyd...God was regtig hier teenwoordig...' en dan praat ons in elkgeval van plekke, tye en gebeure met 'n baie spesifieke aard of karakter.
Mindie Burgoyne skryf die volgende om dié Keltiese gedagte verder te probeer verstaan "Thin Places are ports in the storm of life, where the pilgrims can move closer to the God they seek, where one leaves that which is familiar and journeys into the Divine Presence. They are stopping places where men and women are given pause to wonder about what lies beyond the mundane rituals, the grief, trials and boredom of our day-to-day life. They probe to the core of the human heart and open the pathway that leads to satisfying the familiar hungers and yearnings common to all people on earth, the hunger to be connected, to be a part of something greater, to be loved, to find peace." Ek het nog altyd (van baie klein af) van hierdie gedagte gehou en dit het al baie in my lewe vir my in sekere tye so gewerk: Daar is plekke (meestal afgesonderde natuurskoon) wat die heilige teenwoordigheid van God bevat: plekke waarbinne ek die genesende asmehaling kon beleef in my seer, twyfel, soeke... Was God dan meer op hierdie plekke as op ander plekke in my lewe?
Bestaan daar dan regtig iets soos Thin Places? Vir my was die ontdekking: Nee, daar bestaan nie regtig iets soos Thin Places nie. Daar bestaan wel 'n sekere bewussyn van God se teenwoordigheid wat soms binne sekere omstandighede en op sekere plekke meer akuut is. Die gevaar van 'n spiritualiteit wat so aanmekaar gesit is (en almal van ons gaan een of ander stadium deur hierdie fase in ons geloof) is dat jou geloof tot 'n sporadiese plek of ritueel of denke of lewensfaset beperk word en dit word as't ware van die res van jou lewe geskei. My hoop op die koninkryksgeloof as leefstyl is, om meer gereeld met hierdie 'bewus wees van God' te leef en dan in alles en oral. Ek wil sien wat die Serafs in Jes 6:3 sien "Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid." Regdeur die Bybelse vertellings is die plekke waar mense bewus word van God se teenwoordigheid - transformasie-ruimtes. Die hoop is dus om voortdurend transformerend deur die Gees te kan leef en meestal is hierdie transformasie die eenvoudige medemenslikheid van die vrug van die Gees (Gal 5:22 ev) en niks 'spiritual' soos ons meeste van die tyd daaroor wil dink nie.
'n Voetnota: Ek dink die mens van die laaste eeu (en dit word m.i. eksponensieel ereger) is uitermatig verveeld en daarom probeer ons dikwels vanuit 'n geloofsdimensie die (heilige) alledaagse opkikker met airy-fairy namaaksels van transenderende kragte en magte - terwyl Jesus in Sy oorsteek van al die grense iets van 'n aardse-heiligheid aan ons kom openbaar het...