Waar ons hierdie week reflekteer oor hoe ons voor God beweeg - m.a.w voor Sy aangesig leef - bly die uitdagende wanneer ons die Offbeat sporadies begin herken dat ons op 'n manier ook volgens hierdie ritme sal begin leef...soos Sweet dit stel "Disciples of Jesus are deviations of the norm. They mess up the world as it is, drawing outside the lines, thinking outside the box, resisting off-the-shelf solutions. Christians simply can't 'do normal.' Once you become a disciple of Jesus, normal isn't good enough anymore. Christians are part of the wisdom of the world that is to come."
Mag jy saam met my ontdek (as jy eerlik genoeg met jouself is!) hoe jou volg van Jesus, jou prentjie van Jesus en van geloof getoonset is volgens die hoofstroom-melodie van ons tyd en dat hierdie melodielyn meestal anders klink as die evangelie se musiek. Mag jy ontdek dat die wonderlike geloofsbegrippe soos: seën, voorspoed, verlossing, sonde, geloof, hemel, hel, gebed, gawes, doop... alles getoonset is deur die melodielyn van ons tyd; dat ons die gevaar loop om totaal selfversekerd heeltemal uitpas met God se beweging voort te dans asof daar geen ander ritmes rondom ons bestaan nie.
Ek weet nie van jou nie maar hierdie offbeat ritme is vir my vrek moeilik en ek het meestal die wonderlikste ontdekkings en redenasies hieroor - nogal vanuit die evangelie - maar om daarby aan te sluit...dit gebeur nie so maklik nie...daar is net te veel op die spel en daarom sal ek veel eerder wat my leefstyl betref God se ritme en wese toonset om aan te pas en in te pas by 'n ritme wat vir my hanteerbaar is en mooi agtergrondmusiek in MY lewe is.
Ek wonder waarmee sal julle die hoofstroom melodielyn van ons tyd beskryf? Laat weet gerus...ek praat nog te veel alleen hier...
Is die hoofstroom melodie lyn , nie maar oplossings vir ons probleme nie.. so maak jy die lewe vir jouself beter...
ReplyDeleteWillem
Willem ek dink jy's heeltemal reg met die gedagte dat alles in die hoofstroom melodie-lyn uiteindelik fokus op 'so maak jy die lewe vir jouself beter' - selfs al beteken dit dat dit slegter gaan met almal rondom my...bv. my voorspoed beteken dikwels ander se armoede (veral wanneer jy begin oplees oor tema's soos 'Fairtrade')
ReplyDelete