Tuesday, August 18, 2009

Ontwakende Komponis

Miskien maak woorde nie vir jou sin nie. In hierdie bekende bemarkingsvideosnit van Suid-Afrika dwaal die wakker gesiggie van 'n afrika-kind deur die alledaagsheid en word sy wakker vir die ritme rondom haar. Soos wat sy wakker word vir hierdie tussen-in ritme begin sy as't ware daarmee te komponeer en vloei al die klanke saam tot 'n simfonie van eiersoortigheid.
Dalk is dit al wat ons roeping is: om wakker te word vir die off-beat ritme van God se beweging tussen al die geraas wat ons doof maak vir die lewe; wanneer ons hierdie klanke begin herken word ons geroep om daarmee te komponeer todat al die klanke uiteindelik saam 'n simfomie van lewe vorm. Mag jy wakker word vir die vreemde ritme van God...en mag jy komponeer!

No comments:

Post a Comment