Tuesday, August 18, 2009

Melodielyn van ons tyd • Offbeat van ons tyd 2

Kom ek probeer weer...

Wanneer ons dan nou ontdek dat God nog altyd die offbeat ritme op hierdie melodielyn/wysie van die mens se verwagting is, het ons dalk nodig om te vra hoe hierdie offbeat - hierdie tussen-in-ritme - klink. Dit is noodsaaklik om 'n oor en 'n oog en 'n hart te ontwikkel vir hierdie offbeat - want ek dink ons mis God selfs in ons geloofslewens omdat die klankbesoedeling van die hoofstroom melodielyn so oorverdowend geword het dat ons selfs die offbeat met parade-simbale, olimpiese-trompette, spitsverkeer-toeters en triomf-vuvuzela's kom inspeel het in 'n ritme waarop ons graag sou verkies dat God moes beweeg.

Ons moet mooi hoor dat God nie van die wysie af is nie! Hy is wel die anderster, tussen-in ritme wat die musiek van alledaagsheid 'n nuwe kleur en betekenis kom gee. Hy is die Gans-Anderse! Een ding wat vir my al meer na vore kom in die evangelies is dat Jesus meer misverstaan as reg verstaan is. Dit is asof mense net nie hierdie vreemde ritme, die andersheid, van Jesus kon snap nie...Daarom moet ons versigtig om nie soos Petrus op te spring asof die ritme van God so ooglopend duidelik is nie...

In ons tyd is ons al so deursuur van ons kultuur dat ons dit nie eens altyd meer agterkom hoe ons die evangelie mis-vertaal in ons hedendaagse leefstyl nie. Doen jouself 'n guns en gaan maak 'n draai by CUM-boeke of LuxVerbi of enige ander boekwinkel met Christelike lektuur: Kyk hoeveel die titels van populêre boeke van die groter storielyn van die Evangelie (en die grootste dele van die Ou Testament) verskil. Kyk hoe teksversies oor sukses, mag, voorspoed, seën...in lyn met die melodielyn van die boeke op die self-help of pop-psychology rakke invertaal word nie... Blaai deur die laaste jaar se Leef-tydskrif en ander geestelike tydskrifte en kyk hoe die voorbladopskrifte aansluit by dieselfde melodielyn van die Fortune, Sarie, Rooi Rose, Mens Health, Shape, Cosmopolitan...tydskrifte. Dalk klink dit 'n bietjie hard gestel, dus laat ek dit vir jou om te oordeel en hopelik sal jy iets van die offbeat begin herken deur die offbeat-voorbeelde wat soos 'n goue draad deur die Evangelies loop.

Leonard Sweet het 'n kort opsomming van sommige van die offbeat slae soos ons dit in die Goeie Nuus Stories hoor - ek tik dit net so uit sy boek 'Jesus drives me crazy' Kyk of jy dalk enige populêre Christelike lektuur kan opspoor met hierdie 0ffbeat-lyn in die titel, inhoudsopgawe of tussen die blaaie (daar is sulke offbeat-boeke, nie op die top10 rakke nie...maar daar is soms 'n paar versteektes):

"The Lifted Up One, the One who sits high and walks low, taught that the thoroughfare to God is full of bypaths and backroads.

The way up is down.
The way in is out.
The way first is last.
The way of success is service.
The way of attainment is relinquishment.
The way of strength is weakness.
The way of security is vulnerability.
The way of protection is forgiveness (even 70x7).
The way of life is the way of death - death to self, society, family.
Know your strengths. Why? Because that's the only way you can Lay Them Down!
God's power is made perfect...where? Im our weakness.
Want to get the most? Go to where the least is.
Want to be free? Give complete control to God.
Want to become great? Become least.
Want to discover yourself? Forget your self.
Want honor? Honor yourself with humility.
Want to get even with enemies? Bless and love them.
To a world obsessed with power, the gospel is nuts.
To a world obsessed with success, Jesus' teaching is nuts."

Hoe dink jy sal jou werkgewers of werknemers reageer wanneer julle hierdie paar dromslae van die evangelie as jul bedryfswaardes vestig? 'Dis absurd!' hoor ek jou gedagtes mompel...en jy's heeltemal reg: Dis bo-natuurlik! (veral wanneer dit wat natuurlik is menslik is)

'Mag ons in pas kom, Here, in pas met U lewegewende ritme wat so vreemd op die oor val.'


No comments:

Post a Comment