Great song van Coenie wat veral lekker aansluit by die tema van 'everything is spiritual'
Friday, September 4, 2009
FGK se choreograaf: Ons roeping
Dit is Vrydag en ek reflekteer vir 'n oomblik oor die verskeidenheid mense, verhoudings, bedieninge, aksies, aktiwiteite, afsprake, groepe, gesprekke wat in ons gemeente leef. Daar is 'n spitsverkeer van bedrywigheid...
Wanneer mens besef hoe baie mense van mekaar verskil - a.g.v. blootstelling, passie, denke, omstandighede, fokus -wonder ek hoe bring 'n mens al hierdie bewegings inSYNC met mekaar om saam as een liggaam te beweeg inSYNC met mekaar en God se beweging.
Natuurlik is daar die ritme van God se hartklop wat ons polsend in dieselfde beweging wil bring, die musiek van die evangelie wat ons almal op loop wil neem - maar erens is die choreograaf nodig om al hierdie energie en gawe in een beweging (vol diversiteit) te rangskik. 'n Choreograaf kan nie die artistieke vryheid en unieke vertolking van die danser smoor deur dit as 'n koekiedrukker op hul af te dwing nie. Die choreograaf vertel stories en inspireer met voorbeelde van hoe hierdie dans dalk kan lyk wanneer die verskillende dansers dit verinnerlik en vertolk sodra die musiek begin.
Vir 'n tyd lank het mense die besigheidstaal van 'Visie' ook binne die kerk begin gebruik en elke gemeente moes 'n Gemeente-visie opstel. Ons verkies al die laaste jaar om eerder te praat van 'Roeping' want dit kommunikeer iets anders. Visie word gebore uit 'n paar mense wat in dieselfde rigting wil kyk en o.g.v 'n paar oortuigings glo dit is die rigting waarin hulle moet beweeg. Dit is dus 'n proses wat gesentreer word rondom: tyd, plek en mense. Roeping wil agterkom wat is God se 'visie' en hoe kan ons, met ons spesifieke gawes en identiteit op hierdie spesifieke plek en tydstip by hierdie droom van God aansluit. Roeping is dus 'n proses wat gesentreer word rondom luister na God (die Een wat ons stuur), ons konteks (die plek waarheen Hy ons stuur) en ons gawes (die vaardighede waarmee Hy ons stuur). Roeping bly altyd iets kommunikeer van verhoudings: Daar is Een wat roep en daar is die geroepenes. Visie is 'n bietjie een-dimensioneel....
FGK se choreograaf klink as volg:
FGK Roeping
Ons is geroep om saam met God te leef
en te werk waar Hy besig is om
Sy wêreld nuut te maak.
FGK Roeping
Ons is geroep om saam met God te leef
en te werk waar Hy besig is om
Sy wêreld nuut te maak.
Ons hoop is dat alle bedieninge, alle groepe, alle aksies, alle eredienste en elke gesindheid van elke gemeentelid altyd ons beweging langs hierdie lyn sal vertolk. Ons sal nog lank moet praat oor wat dit beteken...dalk probeer ek later vandag die gesprek voortsit...
Thursday, September 3, 2009
Gerbera's / Aronskelk ?!
Ek soek raad asb: Jana hou nog altyd baie van Gerbera's en ek is nog altyd betower deur Aronskelke - veral waar dit wild groei...
Aangesien die lente hier is, sal ek graag meer gereeld vir haar wil blomme gee om iets van my liefde en bewondering te verklaar. Gee ek nou vir haar Gerbera's omdat dit haar blom-taal is of gee ek vir haar Aronskelke omdat dit my blom-taal is? Jy moet mooi verstaan ek is mal oor Aronskelke: die eenvoud vervleg in 'n kompleksie van heiligheid. Dit sal my regtig laat goed voel indien ek vir haar Aronskelke kan gee en ek sal sommer 'n groot bos vir haar gee... Wat dink jy Gerbera's of Aronskelke?
Ja, ek weet...die metafoor is ietwat belaglik maar dit lyk vir my net so belaglik wanneer ek soms na 'gesalfdes' kyk. Natuurlik gaan ek, maak nie saak hoe baie ek van Aronskelke hou nie, vir Jana Gerbera's gee. Hoekom? Want dit gaan nie oor my nie? Dit gaan nie oor hoe goed ek voel wanneer ek 'n bos Aronskelke vashou nie...dit gaan oor wat met haar praat...
Uit vanoggend se refleksie ontdek ons Jesaja noem mense soos ons 'gesalfdes' - afgesonder vir 'n spesifieke doel. Die doel: om die roem van God te vermeerder. Nou kom ons met bosse en bosse lofoffers en arms vol heilige dade en arms vol worshipliedjies...want dit is die 'blomme' wat ons van hou, wat ons laat goed voel, wat vir ons lekker is om te gee...
Tog wonder ek of God nie van ander blomme hou nie: of Sy roem nie op ander maniere vermeerder word as wat ons in oomblikke van musikale beswyming bring nie. Waar kom ons aan hierdie gedagte dat God se hart geroer word deur 'n string Shakespeare woorde om die maat van eietydse musiek...? Die praterige woord-oorlaaide geloof van die Jode word getroef tot 'n deurleefde geloof wanneer die Woord mens word en onder ons kom woon...en wanneer God se woorde tasbaar word...
Dink jy ons gesalf om met woorde te skilder? In Amos 5:21-24 is daar hierdie ontnugterende boodskap van God aan die blom-skenkers. Amper soos 'n man wat na jare se Aronskelke by sy vrou moet hoor "Gerbera's my liefie, Gerbera's!"
Amos 5:21-24 (NAV)
21 Ek haat, Ek verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie. 22 Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. 23 Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! 24 Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom.
21 Ek haat, Ek verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie. 22 Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. 23 Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! 24 Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom.
Amos 5:21-24 (MSG)
21-24"I can't stand your religious meetings. I'm fed up with your conferences and conventions. I want nothing to do with your religion projects, your pretentious slogans and goals. I'm sick of your fund-raising schemes, your public relations and image making. I've had all I can take of your noisy ego-music. When was the last time you sang to me? Do you know what I want? I want justice—oceans of it. I want fairness—rivers of it. That's what I want. That's all I want.
21-24"I can't stand your religious meetings. I'm fed up with your conferences and conventions. I want nothing to do with your religion projects, your pretentious slogans and goals. I'm sick of your fund-raising schemes, your public relations and image making. I've had all I can take of your noisy ego-music. When was the last time you sang to me? Do you know what I want? I want justice—oceans of it. I want fairness—rivers of it. That's what I want. That's all I want.
Wednesday, September 2, 2009
"Koffie-Verkeerd"
Die Nederlanders noem 'n Latté 'Koffie verkeerd' en dit verwys na die koffie-prentjie wat so ietwat omgedop voorkom: 'n breë melklaag onder in die beker waarop 'n smaller strook koffie rus. Dit lyk na 'n verkeerde prentjie.
Daar is nog 'n prentjie wat vir my iets van ons kerk-begrip verklap en dit is dalk 'n prentjie wat ons al meer sal moet omdop...
Stap jy deur vele Katedraal of Kapel oor die grootste dele van die wêreld word jy dikwels oorweldig deur die ligsketse van die loodglaskunstenaars wat eendimensionele lig omtower in 'n storie van hoe die Lig eens op 'n tyd grondgevat het in mense se lewens.
Stap jy deur die kalender, gebou, eredienste en gebedslysies van vele Gemeente of Geloofsgroepie oor die grootste dele van die wêreld word jy dikwels oorweldig deur die konsentrasie lig na binnekant. Hierdie verskynsel laat my wonder: Is die prentjie van die kerk nie verkeerd nie? Moet die Lig-stories van loodglasvensters en kerk-aktiwiteite nie juis eerder na buitekant wys nie? Hoekom word die lig-boodskappe oor-en-oor vir dìè aan die binnekant gewys en die wat buite om die kerk stap sien net vaal stukkies glas aanmekaar gevlans. Mense kan sien hierdie glas-prentjie wil iets sê maar dis maar dof en vaag en kan jy nie regtig kop-of-stert van die prentjie uitmaak nie.
Mense stap dus soos in hierdie skildery van Van Gogh (Church at Auvers-sur-Oise) dalk maar eerder net verby hierdie 'black hole' wat alle lig absorberend inslurp asof dit is waarvoor lig bedoel is om te wees. Dit lyk na hierdie wonderlike plek - maar hier is geen ingang of uitgang in hierdie gebou nie.
Die uitdaging bly dus nou: Hoe kry ons hierdie lig en lig-prentjies omgedop? Hoe gaan ons hierdie lig-tentoonstelling na buite laat skyn sonder om mense soos 'n klomp springhase te laat voel? Soos die Kaapse gangster vir sy pas-bekeerde vriend sê 'Dim net bietjie djou brights my ou, ek kan nie check wa' ekke moet loep'ie!'
Die kerk se deur
Die musiek - wanneer ons dink oor God se beweging deur die gemeente - moet dalk baie eerder die musiek buite die kerk wees wat ons 'n slag weer hoor. Dit is die musiek van die wêreld vir wie die gemeente eintlik behoort te bestaan. Ons het dalk so gewoond geraak aan hierdie suising in ons ore - wat ons met die musiek vir die kerk verwar - dat ons lankal nie meer die musiek buite ons self hoor nie.
Luister na hierdie konfronterende lied, 'n pleitroep, geskryf en uitgevoer deur Anine Dippenaar van Stellenbosch Gemeente. Indien jy dit nie wil luister nie a.g.v. 'n stadige konneksie kan jy die lirieke hieronder lees. Reflekteer dan oor: Wie dink jy is die mense wat vandag hierdie lied sing?
Die kerk se deur – Anine Dippenaar
Ja ek weet my hart is een wat kan begeer
ek staan voor die kerk se deur…
Ja ek weet jy weet my hande is swart gesmeer
Ek staan voor die kerk se deur…
Kan ek inkom kan ek bly
Hier’s niemand hier wat plekhou vir my
Ek’t lankal al myself verloor
Ek soek lankal al ’n oor om te hoor
Het ek dan iets van liefde misverstaan?
Het ek dan iets van Sy liefde misverstaan?
Ja ek weet my lippe het soms net geen keer
Ek staan voor die kerk se deur…
Ja ek weet dis al my vrae wat jou irriteer
Ek staan voor die kerk se deur…
Kan ek inkom kan ek bly
Hier’s niemand hier wat plekhou vir my
Ek’t lankal al myself verloor
Ek soek lankal al ’n oor om te hoor
Het ek dan iets van liefde misverstaan?
Het ek dan iets van Sy liefde misverstaan?
Luister na hierdie konfronterende lied, 'n pleitroep, geskryf en uitgevoer deur Anine Dippenaar van Stellenbosch Gemeente. Indien jy dit nie wil luister nie a.g.v. 'n stadige konneksie kan jy die lirieke hieronder lees. Reflekteer dan oor: Wie dink jy is die mense wat vandag hierdie lied sing?
Die kerk se deur – Anine Dippenaar
Ja ek weet my hart is een wat kan begeer
ek staan voor die kerk se deur…
Ja ek weet jy weet my hande is swart gesmeer
Ek staan voor die kerk se deur…
Kan ek inkom kan ek bly
Hier’s niemand hier wat plekhou vir my
Ek’t lankal al myself verloor
Ek soek lankal al ’n oor om te hoor
Het ek dan iets van liefde misverstaan?
Het ek dan iets van Sy liefde misverstaan?
Ja ek weet my lippe het soms net geen keer
Ek staan voor die kerk se deur…
Ja ek weet dis al my vrae wat jou irriteer
Ek staan voor die kerk se deur…
Kan ek inkom kan ek bly
Hier’s niemand hier wat plekhou vir my
Ek’t lankal al myself verloor
Ek soek lankal al ’n oor om te hoor
Het ek dan iets van liefde misverstaan?
Het ek dan iets van Sy liefde misverstaan?
Tuesday, September 1, 2009
Blue-note en improvisering
Ek sal later verder oor die metafoor wou reflekteer...wanneer ek 'n gaping kry...maar hier is solank 'n video-snit wat jou verder kan laat dink oor die blue-note en elkeen se improvisering daarom:
Monday, August 31, 2009
appelkoos- of nikkerbol-gemeente?
As die lewe is soos 'n nikkerbol is, wonder ek hoe die kerk moet wees...dalk eerder soos 'n appelkoos?
Kom ek verduidelik dit so: Die kerk het oor die jare (veral in die gereformeerde kringe) 'n grenslose genade geopenbaar teenoor baie van die selfvernietigende gedrag van sy lidmate en 'n gebruik soos 'tug' klink soos mishandelingsgebruike uit die donker-middeleeue. Die kerk was gelukkig darem baie ferm wanneer dit kom by die elemente van ons tyd wat die kerk se karakter sou bedreig - elemente soos kuns, ideologie, ras, kultuur, styl, musiek, taal, andersoortiges...
Jy kon dus sê 'n Nikkerbol-kerk: Sag in die kern - hard aan die kante.
Moet die kerk nie dalk eerder soos 'n appelkoos wees nie? 'n Appelkoos-kerk: Sag aan die buitekant - Hard in die kern. 'n Plek waar ons reguit en eerlik met mekaar hier binne in die kern is - sonder dat ons bang is iemand hol na 'n volgende troetel-nessie... Wanneer ek na die storie van Jesus kyk lyk dit vir my of Hy baie harder en op die man af was met die mense wat deel was van die 'kerk' van Sy tyd. Aan die anderkant was die mense op die grense/kante of die aan die buitekant van die 'kerk', die wat verstoot is, die randfigure, die mense sonder plek...hulle is met genade-omhelsing hanteer.
William Sloane Coffin skryf die volgende: “It seems to me that in joining a church you leave home and your home town to join a larger world. The whole world is your new neighbourhood and all who dwell therein – black, white, yellow, red, stuffed and starving, smart and stupid, mighty and lowly, criminal and self-respecting, American or Russian – all become your sisters and brothers in the new family formed in Jesus. By joining a church you declare your individuality in the most radical way in order to affirm community on the widest possible scale.”
Subscribe to:
Posts (Atom)