Friday, September 11, 2009

'Town of choice'

Gistermiddag langs die pad terug vanaf Potchefstroom na Johannesburg ry ek deur ‘n paar plekke. Een van die dorpies/streke het ‘n groot bord opgerig met die naam van die dorp in hoofletters en onder aan die bord staan in groot letters gedruk ‘Town of choice’ en ek dink ‘Yeah right! Wie op dees aarde sal kies om hier tussen die stowwerige mynhope te kom bly – uit eie vrye keuse?! Soms word ‘n mense se keuses maar vir jou gemaak asof jy geen ander keuse het nie – jy’s vrywillig verplig.’
Later het ek begin wonder oor my aanvanklike reaksie. Dalk is hier mense wat kies om hier te bly – eenvoudig omdat ander goed hul keuses beïnvloed as die uitsig, of die klank-erosie, of die herverkoopwaarde van hul eiendom...keuses wat meer saak maak...

Dit het my aan Fontainebleau en omgewing laat dink: Eens op ‘n tyd was dit die ‘town of choice’ maar die wat toe so gedink het begin nou ander keuses uitoefen – hul ‘choice’ het verander. Tog is dit steeds die ‘town of choice’ maar net vir mense wat anders is as die wat vroeër die keuse uitgeoefen het. Vreemdelinge (vreemd van kultuur, taal, geloof) word al meer algemeen in ons omgewing en ons kan op ‘n paar verskillende manier reageer...Hoe reageer jy? Ek dink daar is een van twee maniere:

[1] Ek reis al meer na binne...bou my heinings hoër...kyk al meer na die gras aan die anderkant van die omgewingsheining...my vrese groei...my agterdog neem toe...ek ry al verder om inkopies te doen...en ek onthou die goeie ou dae toe Rabiestr. nie so ‘vreemd’ gelyk het nie... [die uiteinde van hierdie benadering is dat ek vervreem word van die plek waar en die mense saam met wie ek leef – eenvoudig omdat ek nie verandering kan hanteer nie]

[2] Ek reis al meer na buite...ek bevriend...is nuuskierig...nooi in en woon by. Ek probeer gasvry wees in my buurt en vreemdes moet hier tuis word want ek wil ‘n klutuur van vertroue, sorg en buurmanskap kweek. Ek onthou die mooi in die ou dae en probeer dit oorvertaal na vandag toe. Ek maak ruimte vir ander omdat ek hoop dit skep ook ruimte vir my. Ek rebelleer teen vreemdelingskap omdat ek oortuig is dit bevorder privaatheid en privaatheid is van die bose dit kweek ‘n wêreld van elkeen vir homself en ek weet ek kan nie so leef of oorleef nie.

Ek hoop jy sal weer kies om hier te woon en te leef...om te ontdek dat die vreemdeling jou leermeester kan word wat jou help om die lewe, jou self en vir God op nuwe maniere te sien. Ons het die vreemdeling nodig!

Thursday, September 10, 2009

R1-00 Cuppaccino en die kerk!

Jammer ek kom nou eers by blog-skryf uit. Ek is vanoggend Potchefstroom toe en probeer nog die hele dag inhaal op die normale rotine.

Daar was nie tyd vir koffie vanoggend nie en ek besluit om die R1-00 Cuppaccino uitnodiging van KFC in Malibongwe te aanvaar. Dit is nog vroeg en die werkers en hul diens is nog aan die opwarm, dus wag ek ewe gedwee vir die drie mense voor my om hul bestellings af te handel. Uiteindelik kry ek kans om my bestelling te plaas en vra of ek asb een van die Cuppaccino's kan kry. 'Sorry,' sê die dametjie ewe gedwee, 'we are out of coffee-beans.' Eers maak ek seker of ek reg gehoor het en bars toe hardop uit van die lag want ek kan my ore nie glo nie: 'n 5x3m uitnodiging om koffie te kom koop en dan wanneer mens opdaag is daar geen bone meer oor nie.


Dit het my aan 'n soortgelyke storie laat dink wat skrywer Leonard Sweet vertel: Hy was erens in 'n afgeleë plek om aan 'n boek te werk wat hy moes klaar kry. Rondom middagete se wroeg besluit hy dat 'n goeie dosis kaffiene dalk sal help en hy ry na die naaste dorpie. Met die afwagting van 'n verslaafde kom hy by die restaurantjie aangestap en tot groot verbasing is die deur van die restaurant gesluit. 'n Vreemde nota is op die deur geplak "OUT TO LUNCH"! Prof Sweet gebruik ook die ervaring as 'n metafoor van hoe die kerk dalk soms voorkom: 'We've lost track of our core-business!'


Ons verkondig lewensgroot sekere beloftes - maar die bone is op! Dit klink amper soos 'n Jesus-storie van lampe sonder olie en dwases wat nie gereed was nie.

Wat is die 'core-business' (ek hou nie van die woorde in 'n gesprek oor kerk nie, maar julle verstaan wat ek bedoel) waarmee die kerk haar moet besig hou? Hoe pas dit wat ons soos advertensies bely en dit wat ons oor die toonbank van ontmoetings met mense aanbied met mekaar? Moet mense ook maar tevrede wees met oorsoet hot-chocolate as hul eintlik cuppaccino beloof is?


Mag dit wat ons bely en dit wat ons is, nader aan mekaar kom en mag ons met integriteit leef - dit is dalk vir agterdogtige vreemdelinge belangriker as die kunsmatige blink afgeronde voorkoms.


NS - ek het buitengewoon vriendelik KFC se hulplyn geskakel en gevra of hulle nie met die oog op 2010 dalk hul diens wil opskerp nie - daar is 'n klomp 'foreigners' oppad en hulle gaan nie tuisvoel met sulke leuens nie en hulle gaan 'n klomp wrede veralgemenings oor ons land maak as daar nie bone beskikbaar is nie. Ek is nie seker of die vrou verstaan het nie.

Wednesday, September 9, 2009

Ons roeping: GASVRYHEID

'n Paar aanhalings wat my help dink oor die vreemdeling en gasvryheid:
“That is our vocation: to convert … the enemy into a guest and to create the free and fearless space where brotherhood and sisterhood can be formed and fully experienced.” Henri j. M. Nouwen

"Wanneer daar 'n vreemdeling by julle in julle land woon, mag julle hom nie onderdruk nie. Julle moet hom soos 'n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself. Julle was immers self ook vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God." Lev 19:33-34

“I believe we are still here to help men and women to learn to live as each other's guests. We are guests of this life. We are guests of this planet, and we are almost destroying it. … people should learn a new language, a new way of life, learn to be guests and let others be their guest.” George Steiner

“To open up and become sensitive to God's own mission could also mean that we begin to recognize the strangers as messengers, sent to us with a particular message, and that, therefore, before we dare preach to them we ought to listen to their stories.” Gerhard Hoffmanin

In an era when many of us feel that time is our scarcest resource, hospitality falters. … "in a fast-food culture," a wise Benedictine monk observes, "you have to remind yourself that some things cannot be done quickly. Hospitality takes time." Dorothy c. Bass

"Welcoming the stranger is not optional for Christians. Nor is it conditional." said World Council of Churches (WCC) general secretary Rev. Dr Samuel Kobia

"Isn't it cheaper and smarter to make friends out of potential enemies than to defend yourself against them later?" Bono, U2

Koekie-drukker Gasvryheid

Ek het 'n belydenis om te maak, oor 'n heilige vrees wat in my leef: Die hele week probeer ons mense (goeie Christen mense) beweeg om die grens oor te steek na die vreemdeling en om die vreemdeling in te nooi. Maar ek is vrek bang vir die dag wanneer meeste Christene dit gaan doen! Die dryfkrag agter my vrees is die talle ervarings en stories van Christelike-gasvryheid wat altyd gepaard gaan met die bymotief om mense te bekeer, te verander, te konfronteer en uiteindelik te kloon om soos ons te word. Ons nooi die vreemdling in die lokval van ons gasvryheid binne en dan wurg ons alle 'vreemdheid' uit hul uit. Hierdie by-motief, al klink dit hoe rein en edel, doen op die langduur meer skade as goed. Henri Nouwen help ons om oor ons natuurlike 'koekie-drukker-mentaliteit' te dink en hopelik daarteen te rebelleer:


"Hospitality…means primarily the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend instead of an enemy. Hospitality is not to change people, but to offer them space where change can take place. It is not to bring men and women over to our side, but to offer freedom not disturbed by dividing lines. It is not to lead our neighbor into a corner where there are no alternatives left, but to open a wide spectrum of options for choice and commitment. It is not an educated intimidation with good books, good stories, and good works, but the liberation of fearful hearts so that words can find roots and bear ample fruit. It is not a method of making our God and our way into the criteria of happiness, but the opening of an opportunity to others to find their God and their way. The paradox of hospitality is that it wants to create emptiness, not a fearful emptiness, but a friendly emptiness where strangers can enter and discover themselves as created free; free to sing their own songs, speak their own languages, dance their own dances; free also to leave and follow their own vocations. Hospitality is not a subtle invitation to adopt the life style of the host, but the gift of a chance for the guest to find his own." Henri Nouwen, Reaching Out: The Three Movements of the Spiritual Life (New York: Double Day, 1975), 25.

'Sit down' - James

'n Lekker 80's song wat die randfigure van 'sadness, madness, ridiculous' uitnooi om te kom wees - saam te wees... Mag jy hierdie uitnodiging leef. Ek plaas 'n weergawe met die lirieke by, dan kan jy dit lees terwyl jy op jou kantoortafel dans!
Laat weet as jy erens dalk saam wil gaan sit...

Tuesday, September 8, 2009

Brug-fobie II?!

Die slotsom van Prof. Jansen se storie om ‘n wederkerige beweging oor die brug aan te moedig is wonderlik – behalwe as jy ‘n brug-fobie het...en ek dink ons het!

Wie is die vreemdeling? Jy aan hierdie kant van die brug... hy/sy aan die ander kant van die brug?! Wat maak van jou of hom/haar ‘n vreemdeling?
Wat is die kwale/skete van vreemdelinge? Agterdog; Aannames; Beheer-histerie; Vrees; Selfgerigde uitkomste; Objektivering van mense; Gemaksug/Gerief...
Wat is die genesende voorskrif? Kom oor die grens...gereeld, lank genoeg, met oop verwagtings en ‘n bereidheid om verras te word.

‘n Paar opmerkings uit die artikel wat my regtig help om hieroor te dink:
‘how do I cross bridges toward someone who looks like the people who...’ – ons leef met wreede veralgemenings, aannames en agterdog oor mense wat uiterlik anders voorkom. Natuurlik maak die misdaad-storie dit is ons los – maar dan bly ons vir baie langer slagoffers van misdaad as wat gesond is. Dalk kan veilige, gefasiliteerde grenskruisgeleenthede dalk juis die ideale terrapie vir jou slagoffer-greep wees.

‘Jansen didn't know how to answer it’ – dit verwys na die vraag wat die meisie/slagoffer vra oor hoe slagoffers brue moet oorsteek na mense wat soos haar misdadigers lyk. Ek hou van Jansen se eerlikheid hieroor...dit is nie ‘n maklike vraag nie...daar is geen maklike oplossing hiervoor nie...ons sal ons drive-thru mentaliteit vir McDonalds moet reserveer en dit nie ‘n leefstyl wil maak in ‘n ontwikkelende land nie.

‘He reacted by...’ – Jansen vertel van sy spontane reaksie op geweld wat aan hom gepleeg is deur ‘n blanke seun. Ek wonder of dit nie een van ons dilemma’s is nie...ons ‘react’ nog net die hele tyd en ons blammeer die ander (vreemdeling) se ‘reaction’ en ons ‘react’ maar net bloot weer op hul ‘reaction’ en so hou ons die bose siklus van haat en self-gerigdheid instand. Iemand sal die patroon moet breek, selfs al beteken dit die kruis, selfs al ervaar jy nie die vrug daarvan nie.

‘a memory that clearly haunts him...this terrible knowledge of what happened to me’ – ons almal het te veel ‘memories’ wat ons ‘haunt’ (bewustelik & onbewustelik) en ons sal iets met ons ‘memories’ moet doen. Ons sal ons stories van skuld en ons stories van seer moet vertel – nie as kollektiewe groepe nie, maar op ‘n persoonlike vlak deur na mekaar (anderkant ons grense) se stories te luister. Ons sal ‘n nuwe taal moet skep in die plek van ons haatspraak, teleurstelling, verwarring, onbegrip... Hierdie nuwe verstaan van mekaar kan net gebeur deur te luister en te vertel...eerlik en oop... Om te bespiegel en te veralgemeen maak die afstand (en gevolglike misvertsaan en haat) net groter.


‘all my life I have been struggling to cross this bridge...it is very difficult’ – dalk word hierdie ons lewens struggle en gaan ons dit dalk nooit heeltemal regkry om die brue met gemak oor te steek nie...maar om die siklus van vervreemding te breek sal ons dit moet doen ter wille van die komende soekers na Suid-Afrikaan as identiteit en plek.

‘all I can ask of you is that you try’ – ons kan niks meer van mekaar verwag nie as dat ons almal sal probeer nie. Maar boeta ek gaan aan jou karring as jy nie ‘try’ nie! As jy dieselfde evangelie as ek lees en jy try nie gaan ek soos ‘n wildehond op jou spoor wees en jou met die duur genade van die kruis se bloedstollende liefde konfronteer!

‘For the sake of our country, we must at least try.’ – Hoekom sal ons wil grens oorsteek; Die vreemdeling opsoek; Verhoudings oor grense heen bou? Dit lyk asof dit meer gaan vra as wat ek daaruit gaan kry. Dit vra dalk te veel op hierdie stadium van my. ‘For the sake of...’ Ons leef meestal maar met die oog op ons self – mag ons verlos word!

‘This moment, said Jansen, and others like it - moments of honesty and sharing with young Afrikaans children who in the end were battling the same fears as he - had changed his life.’ – die nuwe geboortes, die koninkryk van God, die herskepping gebeur net aan die anderkant van grense!

‘encounters with [the stranger] have helped to make me more human, more tolerant and to deal with my demons. I was transformed by [the stranger] and am eternally grateful to them’ – WOW! Die vreemdeling het ‘n sleutel (en nét die vreemdeling het daardie sleutel) om ‘n deel van jou oop te sluit wat jy nie geweet het bestaan nie. Jy het die vreemdeling nodig. Die vreemdling het jou nodig.

Jy is die vreemdeling. Ek is die vreemdeling. Daar is ‘n ons en ‘n hulle wat verander moet word. Mag ons vervreemd raak van vreemdelingskap!

Brug-fobie?!

Lindy Mtongana skryf 'n artikel oor die nuwe visie-kanselier van die UOFS, Professor Jonathan Jansen. Gaan lees gerus die hele artikel by http://www.sagoodnews.co.za/newsletter_archive/the_professors_teachers.html

Vir die doel van ons gesprek oor die vreemdeling het ek gedink hierdie gedeelte uit die artikel praat lekker met my:

"As Dean of Education, he was once invited to address a meisies hoërskool Grade 10 camp. After relaying the story of the Good Samaritan as a way to teach the group a lesson on crossing bridges, one of the girls raised a hand and said, "Well Professor I agree with what you say about crossing borders and stuff. But tell me this, how do I cross bridges toward someone who looks like the people who almost killed my sister and me a few weeks ago in a violent car jacking?"

The question was honest and brave and Jansen didn't know how to answer it. After much deliberation he finally answered her by telling them about a particular incident in his life.

A young Jansen, 17 years old and already quite politicised, was walking to the shops when he was hit by a brick that came flying from the hands of a young white boy. He reacted by hitting the boy, whose father was an off-duty policeman. Jansen was thrown into the back of a police car and the boy's father repeatedly beat and humiliated him - a memory that clearly haunts him even today.

"So you see," he tells the Grade 10 girl, "I too have this terrible knowledge of what happened to me, and all my life I have been struggling to cross this bridge toward people who look like you. And I must be honest it is very difficult.

"And so all I can ask of you is that you try to cross the same bridge from the other side and maybe we will meet each other somewhere in the middle. For the sake of our country, we must at least try."

This moment, said Jansen, and others like it - moments of honesty and sharing with young Afrikaans children who in the end were battling the same fears as he - had changed his life.

"I am deeply aware of how my encounters with young Afrikaans children have helped to make me more human, more tolerant and to deal with my demons. I was transformed by my white kids and am eternally grateful to them." "


Ek sal na 'n paar afsprake weer hieroor gesels onder die opskrif 'Brug-fobieII'

Monday, September 7, 2009

Veilige Bewaring

'n Foto wat ek so maand gelede in Jan Smuts laan geneem het. Vreemdeling se angle van buite? Christus wat ons die weg wys - anderkant die elektriese heining?