EKSTASE – NP van wyk Louw
Gedagte is ek van Gods vlammende siel,
en woord van Sy mond,
lied van Sy hart se liefde en haat,
en daad van Sy wil.
Hy’t my gedink soos die sterre
en ons geskep na Sy droom,
ons wat die klank van Sy lag is,
van helder weige blydskap.
Ek vloei in Hom, vloei in Sy wydheid
soos ‘n stroom in die oseaan;
en soos geur in die blomme lewe,
leef ek in Hom:
ek is Hy, Hy ek,
grensloos in ewigheid.
No comments:
Post a Comment