Hoe sou jy die hoofstroom of die melodie-lyn (die wysie) van vandag se samelewing beskryf ?
Wanneer ons dan nou ontdek dat God nog altyd die offbeat ritme op hierdie melodielyn/wysie van die mens se verwagting is, het ons dalk nodig om te vra hoe hierdie offbeat - hierdie tussen-in ritme - klink. Ons moet mooi hoor dat God nie van die wysie af is nie - Hy is wel die anderste tussen-in ritme wat die musiek van alledaagsheid 'n nuwe kleur gee. Een ding wat vir my al meer na vore kom in die evangelies is dat Jesus meer misverstaan as verstaan is. Dit is asof mense net hierdie vreemde ritme, die andersheid, van Jesus kon snap nie...
ek moet hardloop en gou die kinders gaan versorg...sal hopelik weer teen 18:00 kan blog want ek is lank nie klaar hieroor gedink nie...
Indien jy nie paragrawe kan skryf om ons leefwêreld hier in Suid-Afrika (of nog nader hier in Randburg) te beskryf nie, watter treffers verklap volgens jou iets van die melodielyn van ons tyd? 'I did it my way'; 'It's my life'; ''Another one bites the dust'; 'We are the champions'; of ABBA is mos nou weer 'n hit 'Crazy world', 'Dream world', 'Gimme!Gimme!Gimme!', 'I'm a marionette'...; dalk is daar 'n paar afrikaanse treffers wat jy kan onthou wat die hoofmelodielyn vir jou beskryf...al waaraan ek kan dink is 'Wenners!' van Danie Botha of Johnny Clegg&Savuka se 'Cruel, crazy, beautiful world'
Wanneer ons dan nou ontdek dat God nog altyd die offbeat ritme op hierdie melodielyn/wysie van die mens se verwagting is, het ons dalk nodig om te vra hoe hierdie offbeat - hierdie tussen-in ritme - klink. Ons moet mooi hoor dat God nie van die wysie af is nie - Hy is wel die anderste tussen-in ritme wat die musiek van alledaagsheid 'n nuwe kleur gee. Een ding wat vir my al meer na vore kom in die evangelies is dat Jesus meer misverstaan as verstaan is. Dit is asof mense net hierdie vreemde ritme, die andersheid, van Jesus kon snap nie...
ek moet hardloop en gou die kinders gaan versorg...sal hopelik weer teen 18:00 kan blog want ek is lank nie klaar hieroor gedink nie...
No comments:
Post a Comment