Friday, August 14, 2009

'Let me teach you how to dance'

Renée (dankie Renée) vertel ook van 'n lied/snit uit die film Mrs Potter (oor die bekende Britse skrywer se lewe) en dit is baie gepas vir vandag se tema waar ons so bietjie refelkteer oor wie ons dans-mentors in die verlede was, wie dit vandag is en vir wie ons hierdie choreograaf-rol wil vertolk. Miskien moet jy een keer na hierdie video kyk en net die oomblik waardeer. Kyk dit dan weer en skryf op 'n stuk papier wie was tot hier die groot geloofsmentors in jou lewe. Dalk moet jy een van hierdie persone vandag kontak.
Hierdie leer dans op iemand anders se voete, wat die leef van jou geloof betref, gebeur sporadies en meestal terloops en soos mens ouer word gebeur dit dalk al minder en moet jy ook wat jou geloofslewe betref maar jou 'eie potjie krap'. Daar is dalk 'n gesin of 'n vriend of 'n selgroep met wie jy soms lewens- en geloofsake bespreek - maar dit is gewoonlik in die algemeen. Ek glo steeds dat hierdie geloofschoreograaf in ons lewens nodig is. Al die geloofshelde van ons tyd wat ek van weet vertel altyd van die een of ander iemand op wie se voete hulle soms gedans het. Begin die soektog, vra raad - kry iemand met wie jy die ek-vrae, die God-vrae en die dieper lewens-vrae kan bespreek en kom in die ritme om te leer dans.


Daar is ook 'n Katie Melua weergawe 'When you taught me how to dance' waarna jy kan gaan luister by http://www.youtube.com/watch?v=_asNJBXwmX4&feature=related

Musiek: The way I was made

Renee Calitz herinner my aan 'n Chris Tomlin liedjie 'The way I was made' . Ek sluit die lirieke in om te lees terwyl jy luister. Dankie Renee!

"The Way I Was Made"
Caught in the half-light, I'm caught alone
Waking up to the sunrise and the radio
Feels like I'm tied up, what's holding me?
Just praying today will be the day I go free

I want to live like there's no tomorrow
I want to dance like no one's around
I want to sing like nobody's listening
Before I lay my body down
I want to give like I have plenty
I want to love like I'm not afraid
I want to be the man I was meant to be
I want to be the way I was made

Made in Your likeness, made with Your hands
Made to discover who You are and who I am
All I've forgotten help me to find
All that You've promised let it be in my life

Thursday, August 13, 2009

Kan 'n spieël lieg?

"Don't go through life making assumptions about who you are. Take the time now to "meet" yourself - before a crisis comes along and forces the issue. Don't be afraid of discovering that the "real you" may be different than the "current you." Rabbi Noah Weinberg
"One may understand the cosmos, but never the ego; the self is more distant than any star." G.K. Chesterton
Daar is die gesegde dat 'n spieël nooit lieg nie - ek dink tog dat baie spieëls lieg wanneer dit kom by die ontdekking van die self. Ons word daagliks gebombardeer met spieëls vir selfontdekking: kommentaar, gedagtes, oorgelewerde gedrag, gebeurtenisse, emosies, ander mense, ikone en natuurlik regte spieëls. Ons meet en pas ons die heeltyd voor hierdie terukaatsing en soms sien ons drogbeelde, pixelleuens en ons maak dit maklik die waarheid. Nou hoe maak mens nou? Ons wil tog onsself al beter ken!
Toets 'n paar spieëls in jou lewe: vriende, kollega's, familie (selfs jou kinders) en gaan sit (gereeld) met 'n openheid voor hierdie spieëls en gee vir hul die agenda en vrymoedigheid om eerlik met jou te deel wat hulle sien. Moenie kleinserig wees hieroor nie. 'n Klompie moeilike vra wat jy vir jouself moet vra en dan op papier moet antwoord bly 'n openbarende ervaring.
Iemand het erens geskryf dat dit net sy tailor was wat hom regtig geken het - want hy was konstant bewus van enige konkrete verandering aan die man se postuur. Die geheim is dus gereeldheid; genoeg tyd en die stemme van ander wat naby aan jou is, mense wat jou te lief het om hierdie reis van jou nie toe te laat nie.
Veral wanneer jy na 'n spieël toe gaan om te kyk of jy van buite af goed vertoon.

U omsluit my van alle kante

[JAMMER EK KOM NOU EERS BY DIE REKENAAR UIT - EK SAL MAAR VOOR DIE HOENDERS MOET KRAAI WANT AS DIE DAG LOOP DAN HARDLOOP SKRYF-TYD UIT.
Vanoggend se dagrefleksie uit die inSYNC boekie kom uit Ps 139 en dit word as 'n wonderlike belofte voorgehou: die gedagte dat God oral is, daarom alles weet en nogtans by ons bly. Die emosie waarmee ek egter gekonfronteer word is die van 139:6 'Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.'
Die foto wat ek hier ingelas het kom vanaf 'n webgesprek deur 'n agnostikus en spot hy eintlik met verskillende dele van ons geloof. Die badkamer-angle het my nog nooit vreeslik gepla nie - ek glo God het meer as genoeg ander goed waarop Hy Sy oog wil hou.
Tog word die porseleinbak wat ons mensheid ontbloot (die toilet in die prentjie), die metafoor van 'n klomp ander privaat goed wat ek eerder sou verkies dat God nie daarvan moes bewus wees nie. Veral wanneer dit kom by my motiewe, my gedagtes, my twyfel, my worstel, my begeertes... Waar ons in hierdie week met God se beweging in die self besig is, gebeur daar hierdie ongemaklike gewaarwording dat die self nie eers regtig aan my behoort nie. Ek self besit nie my self nie. (sjoe - ek moet nog mooi dink wat ek regtig hier sê!) Dawid het iets hiervan geskryf 'U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.' en die gedagte is versmorend want ek wou nog nooit besit word nie.
Vanuit die oorgelewerde prentjie van God as die streng skoolhoof wat rondloop om te kyk dat kinders net nie te veel pret behoort te hê nie - het ek God se alomteenwoordigheid nog altyd (in die vroeë addolosensie) verstaan as 'n spioenerende teenwoordigheid. 'n Verkeerskonstabel-prentjie: God is hier erens naby my verskuil en dan vang hy my uit wanneer ek durf sekere grense oorsteek en natuurlik is daar dan die boete en die skuldgevoel. Hierdie grense (wat nie oorskry moes word nie) was natuurlik altyd getrek deur die Godsvaders van ons omgewing, wat ook die kerkvaders, die nasionaliteitvaders, die taalvaders, die kultuurvaders, die seksualiteitsvaders, die politieke vaders...was en die grense het my baie verwar soos wat ek al meer met die Woord self gekonfronteer is en die ontdekking dat die grense wat die Bybel teken - veel eerder die van 'n dansbaan van die lewe is.
Kan die gedagte van God se alomteenwoordigheid ander prentjies in ons los maak as die uitvang en skuldgevoel prentjie? Kan Jesus se woorde/prentjies soos in Joh 15 ons help om anders te dink oor die God waarvan ons nie kan ontvlug nie? Kan ons selfs by 'n punt kom (porselein-ontbloting en al) wat ons kan sê ons wil Hom nie ontvlug nie: Hy bedreig nie my vryheid nie Hy verryk dit! In Joh 15:4 sê Jesus 'Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.'
Die 'bly in My' vertaal nie so ryk soos die 'woon in My' of selfs die 'leef in My' van sommige Engelse vertalings nie. The Message maak die punt nog skerper 'Live in me. Make your home in me just as I do in you.' Wanneer ek oor die alomteenwoordigheid van God dink word hierdie wederkerige nimmereindige gedagte van: { Bewoon God, God bewoon my } 'n wonderlike misterie. Henri Nouwen skryf hieroor "By choosing us as his preferred dwelling place he invites us to choose him as our preffered dwelling place. This is the mystery of the incarnation."
Dit klink dalk na 'n lekker filosofie-oefening hierdie - maar veronderstel jy onthou elke keer wanneer jy in die spieel kyk dat jy na die 'woonplek van God' kyk...Hoe anders gaan jy nie na jou self begin kyk nie? Gaan skryf met 'n kleur-merker of lipstiffie op jou spieël 'Die woonplek van God' Kyk gereeld daarna...kyk verby die hare en grimmering in jou eie oë...sê dit dalk soos 'n mantra 'n paar keer oor-en-oor...bid dit...glo dit...leef dit...

Wednesday, August 12, 2009

God en die 'real you'

Twee tekste uit The Message wat iets radikaal te sê het oor die self: [1]Self-help vs Self-sacrifice en [2] God se persepsie van jou self lyk dalk soveel anders as jou self-persepsie.

"Don’t run from suffering; embrace it. Follow me and I’ll show you how. Self-help is no help at all. Self-sacrifice is the way, my way, to saving yourself, your true self. What good would it do to get everything you want and lose you, the real you? What could you ever trade for your soul?" (Mark 8:34-37)

"Human wisdom is so tinny, so impotent, next to the seeming absurdity of God. Human strength can’t begin to compete with God’s “weakness.” Isn’t it obvious that God deliberately chose men and women that the culture overlooks and exploits and abuses, chose these “nobodies” to expose the hollow pretensions of the “somebodies”? " (1 Corinthians 1:25ff)

'Invisible man'


Volgens Maslow (http://en.wikipedia.org/wiki/Maslow's_hierarchy_of_needs) wil ons almal, na ons die suustof snak-na-asem en die hongerpyne verdoof het, die gevoel van geborgenheid ervaar. Ons wil behoort. Tog dink ek ons wil selfs meer as net behoort ons wil gereken word. Ons wil raakgesien word. Ons wil tel!
Wat bring jou in vandag se kultuur in tel? Daar is te veel goed wat ons doen met die hoop ons sal 'raakgesien' word, ons sal tel. Ek dink nie jy kan veel daaraan doen nie - dit is in ons gegraveer om meer as net te bestaan. Wat jy wel oor kan dink is oor dit wat regtig tel in die manier waarop jy jouself wil laat tel?

Dalk sal hierdie lirieke van 'n taamlike ou deuntjie van Joshua Kadison by jou gedagtes aansluit (ek moes darem ook iets meer gematig kies)

Woke up this morning with a funny feeling,
wasn't really sure what it was all about.
But it felt like I was disappearing,
so I ran to the mirror to check it out.
I said, Here I am, here I am, here I am.
..but why do I feel like the invisible man?

I stumbled back into the bedroom,
and stared out at the rising sun.
Then I heard myself shout out the window,
not really talking to anyone.
I yelled, Here I am, here I am, here I am
...but why do I feel like the invisible man?
Lights went on, people started yelling,
Will the crazy man go back to bed.
And there I was, laughing out my window,
feeling much better now,
somebody heard what I said.

Well it's no big thing, no revelation,
no answer to these lives we lead.
But I think I do know one thing;
Sometimes I think we all need to say;
Here I am, here I am, here I am,
when life makes us feel like the invisible man.

laat jou self los...!

Indien jy 40jaar of jonger is, luister gerus na The Parlotones se 'Dance' hieronder: [1] Sluit die kantoor deur, draai die volume op, druk play en doen die ding 'Dance like nobody's watching you'; [2] Wanneer jy klaar is luister gerus weer na dieselfde lied: Terwyl jou hartklop bedaar en jy jou asem probeer terug kry...Draai die volume so bietjie sagter; Neem 'n stuk papier en pen en skryf vir so lank as wat die musiek speel soveel as moontlik oor jouself deur elke keer te begin met 'Ek is....'


Tuesday, August 11, 2009

Hartklop, Waardes en Kunsblomme

Ons is op 'n manier ook maar aan die mode uitgelewer wanneer dit by ons waardes kom - maar waardes wat deur mode-giere bepaal word is vir my net te veel soos plastiek blomme. Dit laat my gril! Dit is vals! 'n Enkele madeliefie-stingel is tog baie meer blom as 'n hele bos plastiek aronskelke!

Tog, as ek (kaalvoet) in die kamers van my hart in-kyk, staan daar rangskikking-op-rangskikking plastiek rose, lelies, tulpe, gerbera's...van waardes. Waardes wat ek soos tooisels by Accessorise ('n tooisel-winkel wat die vrouens sal ken) aanskaf om net nie te alledaags voor te kom vir die opgesmuktes waarmee 'n mens soms te doen kry nie.


Dit is mode in 2009 om 'n gesinsman te wees; bewarend/groen te wees; spiritueel te wees... Dit is die in-ding om gesondheidsbewus te wees; wyd belese te wees; en om kulturele grense oor te steek... In die landskap waar Tinseltown en die Christendom ontmoet word hierdie mode-giere spontaan oorvertaal in 'waardes' en versier ons dikwels ons realiteit met kunsmatighede net om beter te vertoon voor die spieël en voor ander.


Ek hoop die plastiek-rangskikkings sal wonderbaarlik saadskiet! Ek hoop die accessories sal eerder groei tot 'n hartklop - selfs al beteken dit dat ek moet ophou om alles te probeer wees wat die mode voorhou. Ek wil 'n gesinsman wees wat gesinstyd inruim, nie omdat dit die regte prentjie voor die spieël skep nie - omdat ek glo die koninkryk begin daar. Ek wil nie 'n groentetuin en bome plant om die 'groen' label met trots te kan dra nie - ek wil dit doen omdat dit my weer met die aarde laat connect en omdat ek hoop dit my kinders se hartklop sal verander. Ek wil nie recycle sodat ek dit op tee-partytjie as gesprekstema kan opper nie. Ek wil dit ook nie doen omdat ek erens in 'n fliek gehoor het die planeet word nou skielik bedreig nie. Ek wil herwin en minder verbruik omdat ek die lewe kies en saam met God kwaad raak oor alles wat lewe bedreig. Ek wil gesond begin leef nie omdat ek beter oor myself wil voel of beter wil lyk nie - maar omdat ek glo ek is 'n rentmeester van alles wat ek ontvang het, selfs my liggaam. Ek wil na my gesondheid kyk sodat ek my roeping kan uitleef. God vat my ernstig op - dis tyd dat ek myself ook meer ernstig opvat.


Waardes wat net tooisels is word maklik, soos Chinese speelgoed, vervang met nuwer en beter produkte en op die ashoop gegooi. Waardes wat jou hartklop word, word tweede natuur...dit word die pas waarvolgens jy beweeg.


Galasiërs 6:4 uit The Message kom die laaste twee dae vanuit hierdie beweging in die self gereeld in my gedagte op: "Make a careful exploration of who you are and the work you have been given, and then sink yourself into that. Don't be impressed with yourself. Don't compare yourself with others. Each of you must take responsibility for doing the creative best you can with your own life."
Mag die versie nie net mooi woorde wees nie, mag dit waar word!

Freshly Ground - Doo Be Doo

Freshly Ground is 'n plaaslike musiekgroep wat internasionaal gereken word. Hierdie lied 'Doo-Be-Doo' is seker die mees bekende. Dit gaan oor die droom vir 'n gemeenskap wat 'n waarde-transformasie ondergaan. Mag dit jou ook inspireer. Mag jy anders 'do' omdat jy anders na jou 'be' kyk. In lyn met vanadag se tema resoneer die versreel 'Open hearts wil be the rhythm of the day' sterk met my. Ek het die lirieke onder die video ingevoeg indien jy dit dalk eerder wil lees en oordink as kliphard in jou kantoor luister.
Geniet dit! Bid dit! Leef dit!

Did you hear the news on the radio today?

People have agreed to give their love away

I can't wait to be there in line!

Politicians have agreed to honour and obey

They’ll come down and listen to what the people say

I can't wait to be there in line, no no!

Children will play in the streets

Loving everyone they meet

Open hearts will be the rhythm of the day

Neighbours will greet each other

Sisters and the brothers

Even enemies will come to be friends

I can't wait to be there in line

If you are ready

Feel free to come around

If you are ready

Vem ca amigo, irei levarte la

If you are ready...

Say you want to live and grow in kindness every day

Say you know the meaning of love

See every person that you meet

As every you and every me

And then I'll know you feel the rhythm of love!

I can't wait to be there in line, no no!

Monday, August 10, 2009

Kaalvoet- refleksiologie

Sommige reken die alternatiewe geneeskunde van refleksiologie dateer sover as 5000jaar gelede uit China. Die metode fokus op die massering van sekere drukpunte, hoofsaaklik onder die voete. Hierdie massering van sekere drukpunte het 'n misterieuse genesende effek op die res van die liggaam [mits dit reg toegepas word].
Dalk is dit nie vergesog om hierdie metafoor ook toe te pas op die res van jou storie nie: Hoe in voeling is jy met jou kaalvoet-self? Hoe kan jy meer invoeling kom met daardie self wat onder mode-ontwerp en sokkies versteek is? Versteek vir almal rondom jou - soms selfs vir jouself? Het jy tyd nodig? 'n Joernaal-tydperk? Dalk 'n eerlike gesprek met 'n 'refleksioloog' wat jou drukpunte baie goed ken?
Waarom verdoesel ons, t.s.v 'n Bybel vol verhale van liddoring-geroepenes ons ingroei-toonnaels, liddorings en skurwe hakke? Die woorde uit vandag se dagstukkie wat oor-en-oor in my gedagtes vibreer is 'God kyk met ander oë en sien iets anders raak.' Beteken dit dat God die liddorings mis kyk, die drukpunte ignoreer? Beteken dit dalk dat God anders na my weggesteekte skurwe hakke kyk? Waarom kies God altyd [meeste van die tyd] die hunkendes? Was Moses se hakkel dalk ook 'n gawe? Jeremia se jonkheid en gebrekkige redenaarsvermoeë 'n springplank vir God plan met Hom? Waarom is Christene in ons samelewing dan veral geneig om hul gebrokenheid en worsteling te verdoesel agter vroom praatjies van geestelikheid? Moet ons nie juis met ons worstel, twyfel, gebrokenheid op die mou loop nie...die storie van die Bybel moedig dit tog aan... Ons voorgee ontketen 'n bose kringloop waarin almal rondom ons voorgee - ons kinders, kollega's, huweliksmaat...en ek lê hierdie las op hulle om vir ewig voor te gee om perfek te wees. Al dra 'n aap 'n goue ring...
Refleskioloë reken dat ons meer moet kaalvoet loop - dat dit genesend kan wees -veral wanneer ons kaalvoet oor 'n growwe landskap loop. Moeilik om te glo, pynlik om te doen.
Hoe gaan jy by jou drukpunte uitkom? 'n Paar voorstelle: [1] Skryf 'n brief vir die persoon wat jy hoop om oor 10jaar van nou te wees. Praat met hom/haar oor die 'issues' wat jy hoop al hanteer is, die seer wat al verwerk is, die karaktertrekke waarop jy hoop om te verbeter, die dinge wat jy hoop jy meer op sal fokus of sal raaksien... [2] Nooi 'n paar vriende/familie (die eerlike 2/3) - nie te veel nie - vir 'n alleen koppie koffie met hulle. Vra hulle moet die drukpunte wat hulle by jou raaksien met jou deel en selfs raad gee van hoe jy dit kan hanteer... [3] Skryf 'n gebed vir God waarin jy die drukpunte van jou self met Hom deel en hoe jy dink dit jou lewe beïnvloed...vra op Sy voetmassering - selfs al beteken dit jy moet kaalvoet oor die Drakensberge...
[nog enige idees vir selfrefleksie-oefeninge?]
“Daarna het Hy [Jesus] water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was...” Joh 13:5
"Not until we are lost do we begin to understand ourselves." - Henry David Thoreau
"Some people say they haven't yet found themselves. But the self is not something one finds; it is something one creates."- Thomas Szasz