Dit is Vrydag en ek reflekteer vir 'n oomblik oor die verskeidenheid mense, verhoudings, bedieninge, aksies, aktiwiteite, afsprake, groepe, gesprekke wat in ons gemeente leef. Daar is 'n spitsverkeer van bedrywigheid...
Wanneer mens besef hoe baie mense van mekaar verskil - a.g.v. blootstelling, passie, denke, omstandighede, fokus -wonder ek hoe bring 'n mens al hierdie bewegings inSYNC met mekaar om saam as een liggaam te beweeg inSYNC met mekaar en God se beweging.
Natuurlik is daar die ritme van God se hartklop wat ons polsend in dieselfde beweging wil bring, die musiek van die evangelie wat ons almal op loop wil neem - maar erens is die choreograaf nodig om al hierdie energie en gawe in een beweging (vol diversiteit) te rangskik. 'n Choreograaf kan nie die artistieke vryheid en unieke vertolking van die danser smoor deur dit as 'n koekiedrukker op hul af te dwing nie. Die choreograaf vertel stories en inspireer met voorbeelde van hoe hierdie dans dalk kan lyk wanneer die verskillende dansers dit verinnerlik en vertolk sodra die musiek begin.
Vir 'n tyd lank het mense die besigheidstaal van 'Visie' ook binne die kerk begin gebruik en elke gemeente moes 'n Gemeente-visie opstel. Ons verkies al die laaste jaar om eerder te praat van 'Roeping' want dit kommunikeer iets anders. Visie word gebore uit 'n paar mense wat in dieselfde rigting wil kyk en o.g.v 'n paar oortuigings glo dit is die rigting waarin hulle moet beweeg. Dit is dus 'n proses wat gesentreer word rondom: tyd, plek en mense. Roeping wil agterkom wat is God se 'visie' en hoe kan ons, met ons spesifieke gawes en identiteit op hierdie spesifieke plek en tydstip by hierdie droom van God aansluit. Roeping is dus 'n proses wat gesentreer word rondom luister na God (die Een wat ons stuur), ons konteks (die plek waarheen Hy ons stuur) en ons gawes (die vaardighede waarmee Hy ons stuur). Roeping bly altyd iets kommunikeer van verhoudings: Daar is Een wat roep en daar is die geroepenes. Visie is 'n bietjie een-dimensioneel....
FGK se choreograaf klink as volg:
FGK Roeping
Ons is geroep om saam met God te leef
en te werk waar Hy besig is om
Sy wêreld nuut te maak.
FGK Roeping
Ons is geroep om saam met God te leef
en te werk waar Hy besig is om
Sy wêreld nuut te maak.
Ons hoop is dat alle bedieninge, alle groepe, alle aksies, alle eredienste en elke gesindheid van elke gemeentelid altyd ons beweging langs hierdie lyn sal vertolk. Ons sal nog lank moet praat oor wat dit beteken...dalk probeer ek later vandag die gesprek voortsit...
So, inSync wil hê ons moet na water oplet... wel ek het. Moet egter ook sê dat ek dalk ‘n unfair advantage gehad...
ReplyDeleteMy oggend het begin in Durban waar ek rustig oor die see gekyk het terwyl ek ontbyt eet! Dit was sommer die eerste goeie teken om oor die oseaan te tuur. Op pad na my eerste klient het ek oor die Tugela gery en langs die see vir so rukkie – te lekker.
Na die afspraak het ek die pad terug Randburg toe aangedurf, maar moes nog by ‘n klient in Greytown stop en iets by Winterton oplaai. Veral as jy van die N3 af en uit Pietermaritzburg is, draai en swaai die pad deur die Midlands. By die Umvoti Vlei is die mooiste paar damme in hierdie idilliese mooi omgewing. So peaceful, rustig... Toe sien ek ‘n plek met die naam Sevenoaks (ek spreek dit uit as Seve-Noaks uit in my kop) en wonder oor die ietwat odd naam. Kom om die draai en sien ‘n ander bord met die naam op: SEVEN OAKS!!! Net ander kant Seven Oaks is ook die mooiste berg dammetjies.
Vanaf Greytown is dit toe ‘n stil pad na Colenso. Na die Midlands streek is dit baie droog (natuurlik nog nie die eerste reen van die seisoen gehad nie). Hier is ook egter, heelwat dammetjies. By een spesifieke dam was dit so mooi prentjie – die veld was gebrand en swart, met die dam en water en die groen wat so stadig uitkring vanaf die dam.
In die Winterton area is baie water en damme – te mooi in die scenery van die Drankensberg. Twee keer oor die Tugela gery, Spionkopdam lyk great! Oor Van Reenen pas het die son begin sak vir ‘n spectacular sunset oor die berge. Ander kant Harrismith was die damme aan my linkerkant oranje van die sons ondergang se weerkaatsing. Verby Warden het die maan (amper vol) aan my regterkant weerkaats op die water. Dit als wat ek gesien op die reis, bewys net hoe fantasie mooi die Skepper die wêreld gemaak het!!!
Terug na die water! Wat het ek raakgesien met al die water? Ek het darem vir so paar ure in die voertuig kans gehad om ook hieroor te dink! Die volgende staan vir my uit in wat ek gesien het:
Water is Lewe. God is LEWE!
Waar daar nie water is nie, is dit bar en dor...dood. Ook so is die lewens van die wat nie by God is nie.
Water is genade.
Daar is meer water as land op aarde. Net so het God BAIE genade vir ons.
Water is magtig, sterk. Erosie, verspoelings en oorstroming se bewys is orals. Ons God is magtig.
Water en plekke waar water is, is baie mooi. God se skepping is wonderlik.
Water is in ‘plekke’ – damme, stromme, ens. Dit groepeer amper saam en versprei dan, via ‘n stroom of besproeing. Dit is vir my soos kerke oral in die samelewing. En soos water, moet die kerk ook ‘versprei’. En waar die water kom, sien jy die groen, die lewe. As die kerk ook so versprei, bring dit LEWE aan die res van die wêreld!!!
Christo,
ReplyDeleteWow! Great metafoor! Dit laat my dink aan Eseg 47 waar 'n stroompie water uit die tempel uitloop en later 'n groot stroom word en selfs die dooie see en die woestyn-omgewing lewend maak. Gaan lees dit gerus verse 9 stel dit mooi 'Waar die stroom kom, sal alles lewe!' Lees gerus die hele Eseg 47.
Mag dit waar word!!!
Pieter