Thursday, September 3, 2009

Gerbera's / Aronskelk ?!

Ek soek raad asb: Jana hou nog altyd baie van Gerbera's en ek is nog altyd betower deur Aronskelke - veral waar dit wild groei...
Aangesien die lente hier is, sal ek graag meer gereeld vir haar wil blomme gee om iets van my liefde en bewondering te verklaar. Gee ek nou vir haar Gerbera's omdat dit haar blom-taal is of gee ek vir haar Aronskelke omdat dit my blom-taal is? Jy moet mooi verstaan ek is mal oor Aronskelke: die eenvoud vervleg in 'n kompleksie van heiligheid. Dit sal my regtig laat goed voel indien ek vir haar Aronskelke kan gee en ek sal sommer 'n groot bos vir haar gee... Wat dink jy Gerbera's of Aronskelke?
Ja, ek weet...die metafoor is ietwat belaglik maar dit lyk vir my net so belaglik wanneer ek soms na 'gesalfdes' kyk. Natuurlik gaan ek, maak nie saak hoe baie ek van Aronskelke hou nie, vir Jana Gerbera's gee. Hoekom? Want dit gaan nie oor my nie? Dit gaan nie oor hoe goed ek voel wanneer ek 'n bos Aronskelke vashou nie...dit gaan oor wat met haar praat...
Uit vanoggend se refleksie ontdek ons Jesaja noem mense soos ons 'gesalfdes' - afgesonder vir 'n spesifieke doel. Die doel: om die roem van God te vermeerder. Nou kom ons met bosse en bosse lofoffers en arms vol heilige dade en arms vol worshipliedjies...want dit is die 'blomme' wat ons van hou, wat ons laat goed voel, wat vir ons lekker is om te gee...
Tog wonder ek of God nie van ander blomme hou nie: of Sy roem nie op ander maniere vermeerder word as wat ons in oomblikke van musikale beswyming bring nie. Waar kom ons aan hierdie gedagte dat God se hart geroer word deur 'n string Shakespeare woorde om die maat van eietydse musiek...? Die praterige woord-oorlaaide geloof van die Jode word getroef tot 'n deurleefde geloof wanneer die Woord mens word en onder ons kom woon...en wanneer God se woorde tasbaar word...
Dink jy ons gesalf om met woorde te skilder? In Amos 5:21-24 is daar hierdie ontnugterende boodskap van God aan die blom-skenkers. Amper soos 'n man wat na jare se Aronskelke by sy vrou moet hoor "Gerbera's my liefie, Gerbera's!"
Amos 5:21-24 (NAV)
21 Ek haat, Ek verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie. 22 Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. 23 Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! 24 Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom.
Amos 5:21-24 (MSG)
21-24"I can't stand your religious meetings. I'm fed up with your conferences and conventions. I want nothing to do with your religion projects, your pretentious slogans and goals. I'm sick of your fund-raising schemes, your public relations and image making. I've had all I can take of your noisy ego-music. When was the last time you sang to me? Do you know what I want? I want justice—oceans of it. I want fairness—rivers of it. That's what I want. That's all I want.

1 comment:

  1. Gelukkig kyk God nie wat ons bring nie, maar na die gesindheid en wat in ons harte is, soos ek as pa as my kinders vir my iets wat vir hulle mooi is bring.

    Is dit nie soms ook die probleem met ons "grootmense" nie? Dat ons probeer uitfigure wat God sal happy maak en Hom so probeer "paai" as't ware nie? En Hy het niks wat ons kan bring nodig nie, Hy soek ons harte en ons liefde , die res sal mos uit daai verhouding voortspruit?

    Willem

    Willem

    ReplyDelete