Wednesday, September 30, 2009

inSync loop formeel eers tot 'n einde en ek gaan op 'n blog-retreat om oor blogging en hyper-reality te besin; om na mense te luister... in die hoop om erens in Oktober te begin met 'n ander hoek op die hele blog-gedagte en dan sal dit tien teen een onder die volgende adres gebeur http://a-just-ment.blogspot.com/

Sodra ek oortuig is waarheen en hoe ek met die blog-ding oppad moet wees sal ek hier ook laat weet en per e-pos.

Dankie vir die saamreis...al het julle my net gedwing om hier-en-daar hardop te dink.


Shalom! Mag jy al meer in voeling kom met God se beweging en mag jy die geloof ontvang om by Hom aan te sluit!

Wednesday, September 23, 2009

Human-rights vs Earth-rights?!

Julle sal onthou hoe 'n groot ding 'human-rights' geword het sedert die begin 90's. Daar is deesdae 'n alternatief hiertoe en dit is 'earth-rights' of 'ecological-rights' en die oproep dat ons nie die reg van die ekologiese-organisme moet skade doen nie en in ag moet neem met hoe ons leef. Dalk moet ons 'n hof vir ekologiese-regte begin: en dan het ek nie oliemaatskappye ingedagte nie, ek het sommer ons gesin ingedagte... Henri Nouwen help my om die 'reg' van die skepping beter te verstaan...in vandag se dagstukkie...
The Sacredness of God's Handiwork
How do we live in creation? Do we relate to it as a place full of "things" we can use for whatever need we want to fulfill and whatever goal we wish to accomplish? Or do we see creation first of all as a sacramental reality, a sacred space where God reveals to us the immense beauty of the Divine?

As long as we only use creation, we cannot recognise its sacredness because we are approaching it as if we are its owners. But when we relate to all that surrounds us as created by the same God who created us and as the place where God appears to us and calls us to worship and adoration, then we are able to recognise the sacred quality of all God's handiwork.

Tuesday, September 22, 2009

Die sakrale skepping

Ek kry daagliks per e-pos 'n kort oordenking uit die pen van Henri Nouwen - die akademikus wat ontdek het dat "rykdom in eenvoud" ook waar is wanneer dit kom by geloof. Vandag se oordenking sluit vir my goed aan by dit waaroor ons tans gesels - die skepping. Ek worstel die heeltyd met hoe word die mens weer beweeg om vir sy moeder (aarde) om te gee en dalk is hier 'n leidraad in Nouwen se woorde.
Onthou uit jou katkisasie: 'n Sakrament is 'n heilige, teken en seël wat heen wys na God se handeling. Dit is 'n tasbare wat iets wil sê van die ontasbare; 'n tydelike wat iets wil sê van die ewige.

Uit die gedagtes van Nouwen word al die heilige skepping-simbole vir my die heilige fluistering van God in die oor van vergeetagtige skepsels om te kan onthou wie en hoe die Een is wat ons Skepper noem, hoe en wat die asem voor is wat in ons ingesnak word met ons eerste gil. Die oproep is dus - maak stadiger jou pas, ervaar die sintuiglike wonder van God se openbaring van Homself en die lewe aan jou...ruik, proe, sien, hoor en voel dat God goed is en goed wil wees vir die ganse skepping! [...en dalk, net dalk as ons dit lank genoeg en gereeld genoeg doen, verander ek en jy - die verbruikers, prospekteerders, eksploiteerders...van ons ma se oop hand.]


The Created Order as Sacrament
When God took on flesh in Jesus Christ, the uncreated and the created, the eternal and the temporal, the divine and the human became united. This unity meant that all that is mortal now points to the immortal, all that is finite now points to the infinite. In and through Jesus all creation has become like a splendid veil, through which the face of God is revealed to us.

This is called the sacramental quality of the created order.
All that is is sacred because all that is speaks of God's redeeming love. Seas and winds, mountains and trees, sun, moon, and stars, and all the animals and people have become sacred windows offering us glimpses of God. - Henri Nouwen

Monday, September 21, 2009

Groen-info

Die beste manier om jou gebruike, leefstyl en kop meer te aard in die herskeppende beweging van 'groen-wees' sonder dat jy noodwendig 'n boom-omhelsende hippie met knoop-en-doop klere word wat kaalvoet loop is om deel te word van een of ander groen-gemeenskap: in so gemeenskap begin jy te lees, te dink en word jy uitgedaag oor hoe jy leef en hoe jy jou leefstyl kan aanpas en jou gesin kan begelei. 'n Paar plaaslike moontlikhede is:
http://www.greenworks.co.za/index.html

http://www.indaloyethu.co.za/index.php

http://www.greenspace.co.za/index.php?menu=2

Dalk wil jy self 'n groep of gesprek begin?
Laat weet indien jy van enige ander groepe, info of plekke weet...

Earth Clock

Ek weet nie of jy die 'Earth Clock' van Poodwaddle ken nie? Gaan kyk gerus daarna by: http://www.poodwaddle.com/clocks3.htm

Dit is dalk 'n goeie idee om dit jou home-page te maak as 'n herinneringsteken om jou bewus te hou van omgee vir die aarde. Druk op die visit knoppie op die horlosie vir meer info hoe om dit op jou rekenaar te laai.