Kom ek verduidelik dit so: Die kerk het oor die jare (veral in die gereformeerde kringe) 'n grenslose genade geopenbaar teenoor baie van die selfvernietigende gedrag van sy lidmate en 'n gebruik soos 'tug' klink soos mishandelingsgebruike uit die donker-middeleeue. Die kerk was gelukkig darem baie ferm wanneer dit kom by die elemente van ons tyd wat die kerk se karakter sou bedreig - elemente soos kuns, ideologie, ras, kultuur, styl, musiek, taal, andersoortiges...
Jy kon dus sê 'n Nikkerbol-kerk: Sag in die kern - hard aan die kante.
Moet die kerk nie dalk eerder soos 'n appelkoos wees nie? 'n Appelkoos-kerk: Sag aan die buitekant - Hard in die kern. 'n Plek waar ons reguit en eerlik met mekaar hier binne in die kern is - sonder dat ons bang is iemand hol na 'n volgende troetel-nessie... Wanneer ek na die storie van Jesus kyk lyk dit vir my of Hy baie harder en op die man af was met die mense wat deel was van die 'kerk' van Sy tyd. Aan die anderkant was die mense op die grense/kante of die aan die buitekant van die 'kerk', die wat verstoot is, die randfigure, die mense sonder plek...hulle is met genade-omhelsing hanteer.
William Sloane Coffin skryf die volgende: “It seems to me that in joining a church you leave home and your home town to join a larger world. The whole world is your new neighbourhood and all who dwell therein – black, white, yellow, red, stuffed and starving, smart and stupid, mighty and lowly, criminal and self-respecting, American or Russian – all become your sisters and brothers in the new family formed in Jesus. By joining a church you declare your individuality in the most radical way in order to affirm community on the widest possible scale.”
No comments:
Post a Comment