Friday, September 18, 2009

STILTE

Jammer oor gister se stilte...dit is soms moeilik om in 'n alleenspraak gemotiveerd en gedissiplineerd te bly.
Ek praat eintlik net met myself in tye van absolute eensaamheid, oorweldigende woede of frustrasie, of gebrekkige fokus met 'n taak, sport, denke...
Nou dat ek oor die stilte dink, oor die gebrek aan dialoog: Dit is dalk die ervaring van die gemeenskap, of ten minste van sekeres in die gemeenskap. Dit is dalk waar dat daar hierdie silent scream is! Hoekom hoor ek nie? Reageer ek nie? Connect ek nie?
Is die gedruis van my kaarthuis-karnaval dalk net te oorverdowend?
Verstaan ek dalk net nie die klanke nie omdat ek te ver verwyderd is van die dialek van nood en gebrokenheid en van deel wees van die groter geheel wat ek durf ons Suid-Afrika noem?
Ek hoor dalk maar gee eenvoudig net nie om nie...al hou ek daarvan om aan myself as 'n Jesus-volgeling te dink?
Previously engaged? Besig met groter dinge - immers met dinge wat my ego meer gaan streel en op die oog af vir my meer sal beteken?
Gebrek aan belangstelling?
Gerief?
Vrees?
Wat maak my so apaties stil in die ewige dialoog wat die gemeenskap met my wil voer?
Praat weer....

No comments:

Post a Comment