Ek weet dit strek dalk party van julle se grense/denke, maar ek deel graag die woorde van Koos Kombuis se 'Liefdeskwela' met julle. Ek het die enkele byvoeglike naamwoord maar uitvertaal ('n vriend van my vertel die ander dag hoe sy gemeente hom verkwalik het oor hy die waarheid gepraat het in beskrywnde taal). Dit is aangrypende woorde hierdie van Koos. Terloops, 'n kwêla is 'n soort dansmusiek gebore onder stedelike afrikane.
Liefdeskwêla
Die wete dat ons anders is, in blokkies afgekamp, apart
net omdat 'n ander vel span om dieselfde hart
ons vingers raak mekaar, maar ons hande is afgekap
die junk jewellery om jou nek word deur oorlog stewels vuil getrap
en tog is die plek mooi, wit stede blom op geel grasvalktes
treine jaag deur mielielande, ons teorieë bly onprakties
tralies skei ons van mekaar, van loodgieterse en vreemdelinge
'n katedraal van smart in vierkante en kringe
Chorus:
'n Land met lig wat netjies pas soos blokkies gekleurde glas
in 'n etniese ou katedraal, ‘n land van bloed en vrede
'n land vir my en jou, 'n land vol kleure van die reënboog
'n land van geel en blou, 'n land van toekoms en van hede
'n lewe in die Kaap en in die ou Transvaal.
Ek sien jou vriende sit en lê op die sypaadjies van Hillbrow
toegedraai in komberse, knus beskerm teen die kou
ek hoor jou roep agter die mure wat jou grond van myne skei
'n stem soet soos die aarde, waar groen en goud gedy
ek voel jou hartseer in die stad van vuil kinders hoog op ?*& Madjat
die boodskap van 'n duisend skure, ek weet jou twak bly nat
eers was ons dieselfde, sy aan sy in 'n vaal land
ongevorm sonder speserye uit die kolonis se hand
maar as jy sing van tye voor die vloed en voor die bloei
van kultuurbotsings op die voorstoepe
en spioene wat teen ossewaens stoei
klink daarin ook die stem van my eie voorvaders so klaar
dan weet ek ons is een al val ons kaarte deurmekaar
Koor
No comments:
Post a Comment