Ek het 'n belydenis om te maak, oor 'n heilige vrees wat in my leef: Die hele week probeer ons mense (goeie Christen mense) beweeg om die grens oor te steek na die vreemdeling en om die vreemdeling in te nooi. Maar ek is vrek bang vir die dag wanneer meeste Christene dit gaan doen! Die dryfkrag agter my vrees is die talle ervarings en stories van Christelike-gasvryheid wat altyd gepaard gaan met die bymotief om mense te bekeer, te verander, te konfronteer en uiteindelik te kloon om soos ons te word. Ons nooi die vreemdling in die lokval van ons gasvryheid binne en dan wurg ons alle 'vreemdheid' uit hul uit. Hierdie by-motief, al klink dit hoe rein en edel, doen op die langduur meer skade as goed. Henri Nouwen help ons om oor ons natuurlike 'koekie-drukker-mentaliteit' te dink en hopelik daarteen te rebelleer:
"Hospitality…means primarily the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend instead of an enemy. Hospitality is not to change people, but to offer them space where change can take place. It is not to bring men and women over to our side, but to offer freedom not disturbed by dividing lines. It is not to lead our neighbor into a corner where there are no alternatives left, but to open a wide spectrum of options for choice and commitment. It is not an educated intimidation with good books, good stories, and good works, but the liberation of fearful hearts so that words can find roots and bear ample fruit. It is not a method of making our God and our way into the criteria of happiness, but the opening of an opportunity to others to find their God and their way. The paradox of hospitality is that it wants to create emptiness, not a fearful emptiness, but a friendly emptiness where strangers can enter and discover themselves as created free; free to sing their own songs, speak their own languages, dance their own dances; free also to leave and follow their own vocations. Hospitality is not a subtle invitation to adopt the life style of the host, but the gift of a chance for the guest to find his own." Henri Nouwen, Reaching Out: The Three Movements of the Spiritual Life (New York: Double Day, 1975), 25.
Miskien le die oplossing daarin om te kyk na die vreemdelinge soos God na hulle kyk en hulle so lief te probeer he...?
ReplyDeleteHoe kan ek nie wens dat hulle verander nie..... maar vir Sy genade was dit ek wat op pad hel toe was.....so hoe kan ek nie die waarheid deel dat Jesus leef en God se Seun is wat ook vir hulle gesterf het nie?
Willem
Willem,
ReplyDeleteEk het ongelukkig al ervaar dat ons bymotiewe (om mense te bekeer)van ons valse vriende maak. Enige vriendskap met 'n ander motief as om eenvoudig 'n vriend te wees, is vals en ontnugter mense (veral skeptiese mense).
Natuurlik kan jy wens dat hulle verander, as hulle moet...maar dit is slegs in die ruimte van egte verhouding wat gesonde verandering op die regte manier kan gebeur. Soms gebeur daardie openheid om te gesels oor jou lewe binne 'n paar minute/uur ander kere eers na jare se saam reis.
My dilemma wanneer ons na party mense toe gaan is: Met verandering bedoel ons dikwels (soos ou sending gebruike) mense moet soos ons word - want ons leef op die regte manier. Kolonialistiese sendingmetodes was 'n afdwing van 'n Europese kultuur, denke en leefstyl op Afrioka mense. Ons leef met 'n neo-kolonialistiese idee wanneer ons oor vreemdelinge praat (en ek bedoel regtig nie net swart mense nie). Charles, die Malawier wat by ons bly dink dat die 60uur werksweek, nooit by die huis wees nie maar baie geld hê, dat dit geluk is. Dat dit die definisie van 'God seën my' is. Ek is eerder oortuig dat sy afrika materiele armoede, maar sy verhoudings en lewensrykdom nader aan die God-bedoelde lewe is as dit waarmee ons lewe verwar. Ons moet dus versigtig wees om die 'vreemdheid' uit vreemdelinge te wil haal.
My volgende dilemma is: ons begin by 'ek wil jou bekeer', waar ek dink ons moet dalk eers begin by 'wie is jy?' Dink aan Jesus se verhouding met sy disspels: hulle verhouding het begin by 'volg my' en dit was 'n verhouding van voortdurende bekering en 'n twyfelagtige geloof wat aan die groei was. Dit was nie hierdie dag-en-datum-bekering ding nie. Dit was 'n verhouding wat nie net die disspels se geloofsbelydenis help vorm het nie - maar veral hul manier van lewe. Die ander probleem kom dus hier na vore: ons het die hele evangelie gaan verskraal tot 'Jesus het vir jou gesterf & Hy het opgestaan' en natuurlik is dit waar - maar daar is soveel meer as die kruis en die graf. Daar is Jesus se hele lewe en Sy hoop op dissipels wat Hom sal volg...sal leef soos Hy geleef het en dit gebeur nie oornag nie.
Jy moet onthou wanneer ek hierdie dinge skryf dat ek as student ook op 'n stadium deur-tot-deur evangelisasie en vriendskapsevangelisasie gepleeg het...ek het oor tyd net oortuig geword dat die koninkryk anders as tipiese evangelisasie veldtogte kom en hierdie anderster manier is ek nog besig om te ontdek - ek het dit nog nie finaal uitgefigure nie.
Shalom!
Stem saam Pieter, maar dis juis wat ek wou se, God kyk na jou en my as kinders, sommige afgedwaal en verlore , maar almal deur Hom geskep.... so broers en susters ... en al baklei broers en susters baie,dis familie en bly mens lief vir mekaar deur dik en dun.... en as ek nie wens dat hulle "verander" in terme van Jesus leer ken nie, hoe kan ek se dat ek hulle liefhet of selfs net omgee vir my mede"familie"? Dan is hulle op pad hel toe , soos ek en ons almal was...that's it.
ReplyDeleteMet dat hulle moet verander, is ek onder geen dwaal dat ek iets kan doen nie,dis in elk geval nie ek wat hulle harte verander nie, maar God. Sekerlik moet ons vir hulle aan Hom opdra in gebed en Hom vertrou dat Hy sal doen wat Hy in ons lewens gedoen het?
Vir die res, is die groot vraag vir my; hoe leer ek om Sy Gees se leiding te leer voel en hoor en lees en ervaar, sodat ek weet wanneer ek my trap moet toehou en wanneer ek iets moet deel wat vir my spesiaal was van my verhouding met Hom al dan nie....dis mos die pit van vriendskap, om jou ervarings te deel met die vir wie jy omgee?
Shalom boet!
Willem