Die slotsom van Prof. Jansen se storie om ‘n wederkerige beweging oor die brug aan te moedig is wonderlik – behalwe as jy ‘n brug-fobie het...en ek dink ons het!
Wie is die vreemdeling? Jy aan hierdie kant van die brug... hy/sy aan die ander kant van die brug?! Wat maak van jou of hom/haar ‘n vreemdeling?
Wat is die kwale/skete van vreemdelinge? Agterdog; Aannames; Beheer-histerie; Vrees; Selfgerigde uitkomste; Objektivering van mense; Gemaksug/Gerief...
Wat is die genesende voorskrif? Kom oor die grens...gereeld, lank genoeg, met oop verwagtings en ‘n bereidheid om verras te word.
‘n Paar opmerkings uit die artikel wat my regtig help om hieroor te dink:
‘how do I cross bridges toward someone who looks like the people who...’ – ons leef met wreede veralgemenings, aannames en agterdog oor mense wat uiterlik anders voorkom. Natuurlik maak die misdaad-storie dit is ons los – maar dan bly ons vir baie langer slagoffers van misdaad as wat gesond is. Dalk kan veilige, gefasiliteerde grenskruisgeleenthede dalk juis die ideale terrapie vir jou slagoffer-greep wees.
‘Jansen didn't know how to answer it’ – dit verwys na die vraag wat die meisie/slagoffer vra oor hoe slagoffers brue moet oorsteek na mense wat soos haar misdadigers lyk. Ek hou van Jansen se eerlikheid hieroor...dit is nie ‘n maklike vraag nie...daar is geen maklike oplossing hiervoor nie...ons sal ons drive-thru mentaliteit vir McDonalds moet reserveer en dit nie ‘n leefstyl wil maak in ‘n ontwikkelende land nie.
‘He reacted by...’ – Jansen vertel van sy spontane reaksie op geweld wat aan hom gepleeg is deur ‘n blanke seun. Ek wonder of dit nie een van ons dilemma’s is nie...ons ‘react’ nog net die hele tyd en ons blammeer die ander (vreemdeling) se ‘reaction’ en ons ‘react’ maar net bloot weer op hul ‘reaction’ en so hou ons die bose siklus van haat en self-gerigdheid instand. Iemand sal die patroon moet breek, selfs al beteken dit die kruis, selfs al ervaar jy nie die vrug daarvan nie.
‘a memory that clearly haunts him...this terrible knowledge of what happened to me’ – ons almal het te veel ‘memories’ wat ons ‘haunt’ (bewustelik & onbewustelik) en ons sal iets met ons ‘memories’ moet doen. Ons sal ons stories van skuld en ons stories van seer moet vertel – nie as kollektiewe groepe nie, maar op ‘n persoonlike vlak deur na mekaar (anderkant ons grense) se stories te luister. Ons sal ‘n nuwe taal moet skep in die plek van ons haatspraak, teleurstelling, verwarring, onbegrip... Hierdie nuwe verstaan van mekaar kan net gebeur deur te luister en te vertel...eerlik en oop... Om te bespiegel en te veralgemeen maak die afstand (en gevolglike misvertsaan en haat) net groter.
‘all my life I have been struggling to cross this bridge...it is very difficult’ – dalk word hierdie ons lewens struggle en gaan ons dit dalk nooit heeltemal regkry om die brue met gemak oor te steek nie...maar om die siklus van vervreemding te breek sal ons dit moet doen ter wille van die komende soekers na Suid-Afrikaan as identiteit en plek.
‘all I can ask of you is that you try’ – ons kan niks meer van mekaar verwag nie as dat ons almal sal probeer nie. Maar boeta ek gaan aan jou karring as jy nie ‘try’ nie! As jy dieselfde evangelie as ek lees en jy try nie gaan ek soos ‘n wildehond op jou spoor wees en jou met die duur genade van die kruis se bloedstollende liefde konfronteer!
‘For the sake of our country, we must at least try.’ – Hoekom sal ons wil grens oorsteek; Die vreemdeling opsoek; Verhoudings oor grense heen bou? Dit lyk asof dit meer gaan vra as wat ek daaruit gaan kry. Dit vra dalk te veel op hierdie stadium van my. ‘For the sake of...’ Ons leef meestal maar met die oog op ons self – mag ons verlos word!
‘This moment, said Jansen, and others like it - moments of honesty and sharing with young Afrikaans children who in the end were battling the same fears as he - had changed his life.’ – die nuwe geboortes, die koninkryk van God, die herskepping gebeur net aan die anderkant van grense!
‘encounters with [the stranger] have helped to make me more human, more tolerant and to deal with my demons. I was transformed by [the stranger] and am eternally grateful to them’ – WOW! Die vreemdeling het ‘n sleutel (en nét die vreemdeling het daardie sleutel) om ‘n deel van jou oop te sluit wat jy nie geweet het bestaan nie. Jy het die vreemdeling nodig. Die vreemdling het jou nodig.
Jy is die vreemdeling. Ek is die vreemdeling. Daar is ‘n ons en ‘n hulle wat verander moet word. Mag ons vervreemd raak van vreemdelingskap!

No comments:
Post a Comment