Ek sal later verder oor die metafoor wou reflekteer...wanneer ek 'n gaping kry...maar hier is solank 'n video-snit wat jou verder kan laat dink oor die blue-note en elkeen se improvisering daarom:
Tuesday, September 1, 2009
Monday, August 31, 2009
appelkoos- of nikkerbol-gemeente?
As die lewe is soos 'n nikkerbol is, wonder ek hoe die kerk moet wees...dalk eerder soos 'n appelkoos?Kom ek verduidelik dit so: Die kerk het oor die jare (veral in die gereformeerde kringe) 'n grenslose genade geopenbaar teenoor baie van die selfvernietigende gedrag van sy lidmate en 'n gebruik soos 'tug' klink soos mishandelingsgebruike uit die donker-middeleeue. Die kerk was gelukkig darem baie ferm wanneer dit kom by die elemente van ons tyd wat die kerk se karakter sou bedreig - elemente soos kuns, ideologie, ras, kultuur, styl, musiek, taal, andersoortiges...
Jy kon dus sê 'n Nikkerbol-kerk: Sag in die kern - hard aan die kante.
Moet die kerk nie dalk eerder soos 'n appelkoos wees nie? 'n Appelkoos-kerk: Sag aan die buitekant - Hard in die kern. 'n Plek waar ons reguit en eerlik met mekaar hier binne in die kern is - sonder dat ons bang is iemand hol na 'n volgende troetel-nessie... Wanneer ek na die storie van Jesus kyk lyk dit vir my of Hy baie harder en op die man af was met die mense wat deel was van die 'kerk' van Sy tyd. Aan die anderkant was die mense op die grense/kante of die aan die buitekant van die 'kerk', die wat verstoot is, die randfigure, die mense sonder plek...hulle is met genade-omhelsing hanteer.
William Sloane Coffin skryf die volgende: “It seems to me that in joining a church you leave home and your home town to join a larger world. The whole world is your new neighbourhood and all who dwell therein – black, white, yellow, red, stuffed and starving, smart and stupid, mighty and lowly, criminal and self-respecting, American or Russian – all become your sisters and brothers in the new family formed in Jesus. By joining a church you declare your individuality in the most radical way in order to affirm community on the widest possible scale.”
Friday, August 28, 2009
HOT kultuur vs HOT kultuur

Blogging is boos! Of is dit?
Ek sit een middag in Stellenbosch in Java Cafe en drink 'n americano saam met 'n vriend. Omdat dit koffie-spitsverkeer-tyd is en die reënerige weer mense tot knusheid dryf - word ons gedwing om agter in die koffiehuis te gaan sit, langs Java se internet-hoekie met so 8-10 rekenaars. Terwyl ek en Mike lekker sit en redeneer oor die nuutste kreatiewe ontdekkings van die laaste week kom daar twee vriendinne (afleiding wat ons maak uit die manier waarop hul met mekaar kommunikeer) ingestap en stap hulle reguit na die rekenaar-hoekie. Nie lank daarna nie sit altwee die vriendinne en scan elk deur hul Facebook bladsye (waar hulle bladsye van vriende het) en chit-chat elektronies met eertydse vriende, kennisse, skoolpêlle en nuutgevonde verveeldes...Na 'n halfuur se kuber-klets staan hul soos geprogrameerdes op betaal vir hul koffie en stap by die koffie-huis uit sonder dat hul mekaar ooit in die oë gekyk het!
Ek en Mike begin redeneer oor die ontstaan van die koffie-huis en die bedoeling daarvan en hoe ons die gevaar loop om die koffie-huis en sy waarde te verloor...
Forget the rhino - save the café!
Wat is dit wat die café - mekaar in die oë kyk... connect... luister... - bedreig?
Ek stuur eerder 'n sms as om die ongerief te verdra dat jy dalk kan vra 'Hoe gaan dit?' of om oor te stap en jou in die oë te kyk...
Ons kyk saam na 'n program oor 'n staptoer in die Drakensberge sonder om ooit saam die verhoudingsterapie van 'n staptog te ervaar!
Ons kyk na BBC food se sjef en eet two-minute-noodles wat uit die mikrogolf kom!
Ons hoef nie meer soos 'n fool vir 'n petroljoggie om rigting te vra nie want die soete GPS stem is my goeie herder!
Ons conference call eerder...wat maak dit saak wie is die ou aan die anderkant van die ewenaar!
Beste uitvinding van die 2000's DVD speler vir jou motor: jy hoef nie meer die karoo se stilte, die FAK-liedjies, of pa se stories, of die kinders se praatjies/vrae, of mekaar se musiek te verdra nie!
Die dominee BLOG in plaas van koffie-drink met die mense!
Jy kry die idee!
Leonard Sweet praat van die HOT-culure waarin ons leef 'High-On-Technology' en dan vertel hy hoe eensaamheid/oppervlakkigheid/afstand/onpersoonlikheid al hoe groter word in hierdie HOT wêreld. Hy pleit dus dat ons 'n ander HOT moet aanleer: 'High-On-Touch'. Dat ons in hierdie koffiehuis-bedreiging juis meer gefokus daarop moet raak om doelbewustelik die lewe meer persoonlik te leef. Ons kom dit nie eens meer agter nie. Vas vir 'n week van elektronieka en ontdek hoe onpersoonlik jou verhoudings geword het en hoe bevrydend oog tot oog verhoudings is.
Is blogging boos? Wanneer dit oog-tot-oog verhoudingsmoontlikhede vervang, beslis ja! Wanneer dit oog-tot-oog, verby-die-oppervlak kuiers aanmoedig, beslis nie!
Laat weet dus as jy wil kuier, wil connect, wil koffie drink...laat ek ten minste begin om te practice wat ek glo!
Thursday, August 27, 2009
Intimiteit - 'n perspektief
Henry Nouwen skryf die volgende gedagte oor intimiteit: "Human relationships easily become possessive. Our hearts so much desire to be loved that we are inclined to cling to the person who offers us love, affection, friendship, care, or support. Once we have seen or felt a hint of love, we want more of it. That explains why lovers so often bicker with each other. Lovers' quarrels are quarrels between people who want more of each other than they are able or willing to give.It is very hard for love not to become possessive because our hearts look for perfect love and no human being is capable of that. Only God can offer perfect love. Therefore, the art of loving includes the art of giving one another space. When we invade one another's space and do not allow the other to be his or her own free person, we cause great suffering in our relationships. But when we give another space to move and share our gifts, true intimacy becomes possible."
Intimiteit?
in'tiem', 1. Van, betreffende die diepste inwendigste aard; diepgeleë, intrinsiek...2. Diep in iemand se binneste aanwesig of daaruit voortvloeiend; innig... Ons sukkel om die begrip intiem te verstaan of daaroor te praat - wat nog van leef. Ons gedagte dwaal altyd na die seksuele kant (die laaste van die HAT se 5 verklarings van intiem). Ons (die drive thru, sms, kitskoffie, mikrogolf mense) se verhoudings het weer daardie 'diepste inwendigste aard' nodig.Ek het saam met 'n Nederlander, Jan Konijnenberg, in Engeland gewerk. Nagskof by 'n sopkombuis vir dwelm & alkoholverslaafdes en enige ander straatbewoners wat die Engelse winter wou ontvlug. In die midernagtelike ure het ek en Jan in ons moedertale probeer kommunikeer - hy op hoogholands en ek in soete afrikaans. Jan het my gereeld in die rede geval, wanneer ek te veel en veral te vinnig praat, met: 'Langzamer, Pieterman. Langzamer.' Om by die diepste inwendige aard van ons self en ons verhoudings te kom sal ons dalk
stadiger moet praat,
minder moet sê,
meer van die regte goed moet begin sê,
die goed wat saak maak,
daardie identiteitsgoed...
Die uitdaging van hierdie verby die oppervlak verhoudings - van intimiteit is: een persoon kan nie intiem met 'n ander persoon wees nie. Intimiteit vra altyd 'n wederkerigheid: Ons is intiem met mekaar. Nie, ek is intiem met jou nie. MEKAAR!
Dit stel ons voor 'n moeilike kwessie: Wie maak die eerste move?! Hoe doen 'n ou dit...met jou man/vrou...kinders...ouers...vriend/vriendin...suster/broer...? Hulle gaan dalk dink jy raak nou bietjie vreemd...Hierdie is dus die ideale geleentheid om met al hierdie betekenisvolle ander in jou lewe in verbinding te tree en vir hulle te sê "__________die dominee het my hierdie week die opdrag gegee om vir jou te vra of ons nie 'n afspraak kan maak om oor die 'diepste inwendigste aard' van ons verhouding te gesels nie." Dan sal hulle ten minste dink ek is vreemd en as hulle sien jy is taamlik ernstig hieroor dalk vir 'n slag verby die rugby-uitslag, kinders, werk, ekonomie, weer, mode... met jou gesels.
Hier begin die proses eers...waar dit gaan uitkom weet niemand nie...of jul by 'n intieme fase in jul verhouding gaan kom sal net tyd en jul soeke daarna wys...dit bly die misterie van verhoudings...
Subscribe to:
Posts (Atom)